European Adventures of Toinette and Johan

Saturday, October 21, 2006

Johan - jou wille ding!



Ja-nee, dis nou nie almal wat kan brag dit hulle 'n BBC personeelkaart het nie! Johan sê daar is selfs 'n club in die gebou waar hy werk. Weet nie hoe produktief dit in Suid-Afrika sou wees nie...

'n Vos!


Is dit nou nie ironies nie? Ons lag ons altyd dood vir die ignorant mense wat dink leeus en olifante loop wild rond in die strate in Suid-Afrika. Maar hier, in die hartjie van Londen, het ons actually 'n vos wat bly naby ons huis. Is dit nie weird nie? Shame, ek is wel bekommerd oor hom. Sy ogies lyk baie dof en hy wil-wil nader aan mens kom. Ek weet nie of dit is oor hy makker word nie (sommige mense voer hom), of omdat hy honger was nie, of omdat hy dalk hondsdolheid het nie. Ek hoop maar die arme bloedjie is okay...

Tower bridge





Hierdie foto's is geneem by Tower bridge. Die brug kan oopmaak sodat skepe kan deurgaan, maar dit gebeur selde. Baie imposant.

Piccadilly Circus



'n Baie bekende plek in Londen - dis so besig soos met Aardklop, behalwe dat dit nie jaarliks is nie, maar elke naweek, en soms selfs in die week.

Karre vir Afrika..er..Londen





Spesiaal vir jou boet - nog karre. Say no more...

Corporate Toinette


Hier is ek in my corporate garb, gereed vir my eerste dag as ontvangsdame. Dit was maar lekker boring gewees. Ek het wel darem geleer hoe om 'n switchboard te operate. Exciting stuff!

Staying alive!


Ah-ah-ah-ah staying alive, staying alive! Got's to eat and got's to pay da bills. Hier is ek in my flattering waitress outfit...

Japannese tuin








'n Paar foto's van die klein Japanese Garden wat in Holland Park geleë is. Dit het egte Japanese plante en Japanese gras - baie tranquil.

Holland Park





Ons was hierdie keer bietjie by 'n ander park, genaamd Holland Park.

Doggy toilet


Dis so posh hier, selfs die honde het toilette!

Friday, October 06, 2006

Ons book collection


Ek en Johan het al so baie boeke hier gekoop, want eerstens is daar baie tweedehandse boekwinkels wat boeke teen spotgoedkoop verkoop, en tweedens is daar nie veel om te doen hier in die aand nie. Dis te duur om uit te gaan vir entertainment, so die boeke is maar vir eers ons entertainment. Johan het sover al 4 boeke gelees. Ons het 'n behoorlike poespas sover:

  • The Hours - Michael Cunningham (ja regtig, dit is nie net 'n movie nie, die movie is eintlik gebaseer op die Pulitzer winning boek)
  • The Life and Opinions of Tristram Shandy (een van my professors het gesê dit word glo beskou as een van die eerste postmoderne novels)
  • Virtual Light - William Gibson
  • The God of Small Things - Arundhati Roy (1997 Booker prize winner)
  • The Wisdom of Judaism (baie nice quotes)
  • A Clockwork Orange - Anthony Burgess (weereens, ja, hierdie was eers 'n play en toe 'n novel en eers toe 'n movie - Johan is veral baie bly oor hierdie een)
  • Smoke and Mirrors - Neil Gaiman
  • Aqua Yoga: Harmonising exercises in water for pregnancy, birth and beyond (en nee, moenie worry nie, ek en Johan het nog glad nie planne vir pienkvoete nie)

Sal seker maar alles moet terugpos jong - dit weeg so swaar en neem so baie plek op...

Poseidon


Go with the flow man, yeah!

Leeukop


Hey, die leeu op die vuurhoutjieboksie "bestaan" regtig - hy is groter as wat mens sal dink. Maar met al die chocolates wat ek hier eet, is ek dalk een van die dae dieselfde grootte.

PS Carin, Fran en Ziem: Sien julle, ek dra darem die serp wat julle vir my verjaardag gekoop het juis vir hierdie trippie. Herinner my aan julle...

Kolonel


Dis duidelik wat die duif van hierdie soldaat dink - say no more...

Disturbingly mooi beeld



Hierdie is 'n baie weird beeld en nogals disturbing, voordat ek en Johan uitgevind het wie Alison Lapper is. Hierdie is 'n beeld van haar toe sy 8 en 'n half maande swanger was. Hier is ook bietjie meer info oor haar, wat ons op die internet gaan soek het:

"Alison Lapper, British artist, was born in 1965 without arms and shortened legs, the result of a medical condition called phocomelia. The first 19 years of her life were spent in residential institutions for people with impairments and the story of those years and her subsequent success as an artist and public figure can be found in her autobiography, My Life in My Hands."

Gebou en hyskraan


Alles word accessorise hier. Nee regtig, 'n baie mooi foto van 'n mooi ou gebou, met die lug so blou (net jammer vir die hyskraan, en die rymdwang). Die tradisionele en die moderne in een foto.

Man op perd


Hierdie was blykbaar die eerste gay-pride parade in die geskiedenis van Europa. (Hierdie is glad nie historically of politically correct nie, so moet dit asseblief nie oorvertel nie mense. Die dodgy bron is die Johan - Toinette)

The National Gallery


Ek en Johan was by The National Gallery - 'n gratis kunsmuseum. Ons het Van Gogh se Sunflowers (http://www.artquotes.net/masters/vangogh/vangogh_sunflowers.htm) in lewende canvas gesien, en ook Jan van Eyck se 'The Arnolfini Marriage' (http://gardenofpraise.com/art29.htm), Renoir se The Umbrellas (http://www.nationalgallery.org.uk/WebMedia/Images/32/NG3268/eNG3268.jpg). Ons het 'n guided tour bygewoon wat baie cool is, want dit wys mens dinge uit wat jy nooit self sou opmerk nie en gee ook allerhande interessante inligting rondom die skilderye. Daar is elke dag 'n ander guided toer en mens gaan deur so 4 of 5 verskillende kunswerke elke keer, so ek en Johan sal verseker 'n paar keer terug gaan. Renoir se The Umbrellas lyk dalk nie so indrukwekkend nie, byvoorbeeld, maar die tour guide het agtergrondinligting gegee rondom die skildery en dit is nogal groundbreaking, want Renoir het impressionisme en post-impressionisme gekombineer in hierdie skildery. Hy het die skildery begin voordat hy op 'n reis gegaan het Afrika toe. Let op die dogtertjies met die sambreeltjies waar duidelike brushstrokes te bespeur is. En toe hy terugkom van sy reis, het hy teruggekeer as 'n "nuwe" kunstenaar. Let op die vrou aan die linkerhand wat in sagter, minder ooglopende en meer vermengde, egaliger verfhale geverf is. (Om 'n lang storie kort te maak - Dis baie cool!! - Johan)

Trafalgar Square


Hierdie is die welbekende Trafalgar Square, voor die National Gallery. Baie indrukwekkend.

Ons huisie










Hier is hoe ons huisie binne lyk - op aandrang van Mamma Irma. Julle kan dalk ons kamer verwar met 'n hangkas, maar dit is groter as wat dit lyk in die regte lig (hierdie line is Johan s'n mense, dis nie ek wat so snaaksie is nie).

Nottinghill


Yes, die einste - waar die film Nottinghill geskiet is. Hierdie is Portobello Market en dit lok elke naweek duisende toeriste. Hulle verkoop allerhande antiekhede daar. Daar was byvoorbeeld 'n ou, oorspronklike kaart van Suid-Afrika, wat dateer uit 1895 uit vir £15. Dis nogal funny, want daar is nog goed op die kaart soos "Bushman's Land" ens. Baie cool.

Baker street station


Hier wag ons vir die tube by Baker street station, op pad Portabello Market toe.

Aero to da max!


'n Kolossale Aero vir 'n kolossale meisie (anders bekend as Toinette). En nogal orange flavour. Daar is ook Toffee flavour wat ek nog moet uitprobeer. Sheesh mense, dit is sweets heaven hier, daar is so 'n groot verskeidenheid dat mens nie weet wat om te kies nie. Maar dit is absoluut dodelik vir die lyf - ek hoop nog julle kan my herken as ek terug kom.

Happy Hippo


Tershia het vir ons Happy Hippo's gegee om te eet en nou is Johan (ja Johan, wat nie eers 'n suikertand het nie) hooked daarop. Dis gemaak deur Kinder (daar was mos Kinder Joy sjokolade eiers 'n ruk terug in Suid-Afrika). En is die hippotjie nie te cute nie?

Newer Posts Older Posts