European Adventures of Toinette and Johan

Saturday, November 24, 2007

The Temple Bar


Tempel Bar is een van die bekendste pubs in Dublin. Dublin is voorwaar 'n baie nice plek, alhoewel daar maar 'n paar dodgy karakters daar is. Ek is nie skynheilig, kyk ek drink self, maar om op 'n nugter maag om 1 uur die middag in Dublin verwelkom te word deur 'n toeris wat uit 'n pub hol om op te gooi op straat, is nou nie juis 'n wonderlike ervaring nie. En Sondagoggend terwyl ek en Johan om half 10 die oggend ontbyt geeet het, was daar 'n ou Ier wat die restaurant ingestrompel het en gevra het vir 'n pint bier, en stert tussen die bene weggestuur is deur een van die kelnerinne wat toe se dat hulle nie bier bedien so vroeg die oggend nie.

Saterdagaand het ek en Johan 'n drankie geniet in Temple Bar terwyl 2 musikante ons vermaak het met tradisionele Ierse liedjies - dit was baie mooi en 'n ware Ierse ervaring.

The Pale Pub


Hey Christov, herinner dit jou aan iets? :-)

Guinness Brewery





Ek en Johan het 'n draai gemaak by die Guinness Brewery op die Vrydagmiddag wat ons in Dublin geland het. Daar was ongelukkig nie tyd om die toer te doen om te kyk hoe die bier gebrou word nie. Ons het wel na die kroeg gegaan op die boonste vloer, waar ons kon uitkyk oor Dublin en elkeen 'n pint of Guinness kon geniet.

Kyk net die skuimkoppie Pappas - hoop ons maak julle trots (grappie)! Ons het elkeen 'n pint op julle gedrink en wens julle kon saam met ons daar wees.

Irish is alive and kicking!



Ek en Johan was skoon verbaas om te leer dat Irish nog steeds gepraat word in Ierland (het nie eers geweet Irish is 'n taal nie, dog dis net die mense wat Iere genoem word). Straatname en padtekenes of inligtingsborde word byvoorbeeld in beide Engels en Iers geskryf.

Ons South Coast dagtoer










Ons het die Saterdag 'n bustoer gevat langs Dublin se Suidkus af na die platteland van Ierland. Ons busdrywer en gids vir die dag was baie amusant. Ons het op die boonste vlak van die dubbel decker gesit en oor die mikrofoon geluister na Ierland se geskiedenis, inligting oor besienswaardighede, grappies en hy het selfs tradisionele Ierse liedjies langs die pad vir ons gesing. Hy het ons ook vertel van bekende mense soos Bono en The Edge van die musiekgroep U2, asook die bekende Ierse sanger Enya wat daar rond bly.

Ons het ook 'n draai gemaak by Powerscourt Gardens wat oorweldigend mooi is -
"One of the World's Great Gardens situated 12 miles south of Dublin in the foothills of the Wicklow Mountains. The gardens were begun by Richard Wingfield in the 1740's. The word garden belies the magnitude of this creation which stretches out over 45 acres. It is a sublime blend of formal gardens, sweeping terraces, statuary and ornamental lakes together with secret hollows, rambling walks, walled gardens and over 200 variations of trees and shrubs."

Troeteldier begraafplaas



By Powerscourt Gardens is daar 'n 'n klein begraafplasie van geliefde troeteldiere van jare gelede wat daar begrawe le. Toe ek die mooi gediggie op die eerste grafsteen lees, was dit neusie verby. Dit het my herinner aan al die woefies wat my lewe geraak het, in besonder Benji, Tefie babes, Chloe, Snarfie en Scrappy wat reeds hierdie lewe verlaat het en toe het die trane gerol! Indien julle nie die gediggie kan lees nie, dit lees as volg:

You've gone old friend
A grief too deep for tears
Fills all the emptiness
You've left behind
Gone is the dear
Companionship of years
The love that passed
All love of humankind


Daar is selfs 'n koei en ponie wat daar begrawe le!!!

Christ Church Cathedral in Dublin




Ons het nie in die katedraal ingegaan nie, tyd was beperk. Maar ons het wel 'n foto geneem van die oorblyfsels van die Chapter House, asook van die buitekant van die katedraal. Dit is verstommend om te dink dat ons op 'n plek gestaan het wat in 1163 opgerig is. Die geskiedenis wat daar begrawe moet le is mindblowing.

Garden of Remembrance




"Established in 1966 to commemorate the 50th anniversary of the 1916 Easter Rising. It is dedicated to those who died during the struggle for Irish independence.

An Oisin Kelly sculpture is in the park. It shows people from the tragic Irish legend of the Children of Lir, where four children were turned into swans by their stepmother which is an old irish legend. In the centre of the park is a large rectangular pond."

Die beeld van die kinders wat in swane verander is verskriklik indrukwekkend en dit simboliseer "rebirth and resurrection".

In 1976 is 'n gedigte kompetisie gehou om 'n gedig te vind om hierdie geveg om vryheid uit te druk. En die volgende gedig van
Liam Mac Uistin het gewen:

We Saw A Vision

In the darkness of despair we saw a vision, We lit the light of hope, And it was not extinguished, In the desert of discouragement we saw a vision, We planted the tree of valour, And it blossomed.

In the winter of bondage we saw a vision, We melted the snow of lethargy, And the river of resurrection flowed from it.

We sent our vision aswim like a swan on the river, The vision became a reality, Winter became summer, Bondage became freedom, And this we left to you as your inheritance.

O generation of freedom remember us, The generation of the vision.




The Dublin spire


Die Spire of Dublin (met die bynaam "The Spike") is 120 meter hoog en het 20 000 (of 12 000, kan nie mooi onthou nie) ligte in die toppunt wat dit belig in die aand. Die oorspronklike plan was om dit voltooi te he in 2000 ter ere van die nuwe millennium, maar as gevolg van uitgestelde konstruksiewerk, is dit eers in 2003 voltooi. En vandag is dit die hoogste sculpture in die wereld.




James Joyce



Ierland het geboorte geskenk aan menige bekende skrywers, waaronder: Oscar Wilde, William Butler Yeats, Samuel Beckett, Jonathan Swift, George Bernard Shaw en James Joyce om maar net 'n paar te noem. Julle girls wat saam met my Engelse letterkunde geswot het sal weet waarvan ek praat!

Wel, James Joyce is nogal groot in Dublin. Hier staan ek saam met 'n beeld van James Joyce in die pouring rain. Daar is ook 'n foto van die verse uit van sy boeke wat op die glas geplaas is in die Guinness Brewery se kroeg. Alles nogals baie nice en kultureel.

Johan and Toinette do Dublin!





Ons vlug terug Londen toe was om 15:45 Sondag middag. So ek en Johan het Sondagoggend om 06:30 opgestaan om 'n paar laaste foto's van Dublin se besienswaardighede te neem voor ons sou huis toe gaan. Ongelukkig was dit 'n reenerige oggend, en dit was KOUD, so ek en Johan het ons gepantser teen die koue en gewapen met sambrele het ons Dublin se strate ingevaar. Die reen en donker lig het ons het egter verhoed om mooi duidelike foto's te neem, maar hier is 'n paar van hulle in elk geval!

Row your boat ashore!


Oxford is mos bekend vir die rivalry tussen Oxford en Cambridge se roeispanne. Daar was verskeie spanne besig om te oefen op die waters terwyl ons daar was. Baie van die afrigters gebruik 'n drom om die spanlede in pas te laat roei en hulle aan te hits. Ander afrigters ry sommer op die fiets langs individuele roeiers om hulle aan te hits en in die regte rigting te stuur. Roeiers kan mos nie agter hulle sien nie, so mens moet bewus wees van ander bote en roeiers op die rivier.

Opmerklike Oxford















Oxford bied nie veel om te doen nie, maar die ryk geskiedenis agter die oudste universiteit en die argiktektuur van die histories geboue is iets besonders. Hier is 'n paar van die foto's wat Oxford se karakter vasvang.

'n Bird's eye view van Oxford






Ek en Johan het sowat 1000 smal trappies geklim (Francois, jy sou engtevrees daarvan kry!) om 'n bird's eye view van Oxford te kry vanaf die toppunt van die katedraal se toring. Absolutely breathtaking. Johan het wel later aan bietjie hoogtevrees gely, en ons het nie te lank vertoef nie.

Newer Posts Older Posts