European Adventures of Toinette and Johan

Saturday, August 30, 2008

Eiffel Tower - "Rapunzel, Rapunzel, throw down your hair!"






Parys staan onder andere bekend as "the city of light" - "a name it owes both to its fame as a centre of education and ideas and its early adoption of street lighting" (wikipedia). Daarom dat ons dit ook graag in die aand wou sien en besluit het om eerder die Eiffel Toring in die aand te besoek.

Toeriste kan die Eiffel Toring besoek tot middernag. Ons het agt-uur se kant in die ry gaan staan en kon 'n uur later uiteindelik eers kaartjies koop, so gewild is dit. Maar ons timing was goed, want ons het begin opgaan tydens die son begin sak het. Ons was wel bietjie taken aback, want eers nadat ons 'n half-uur in die ry gestaan het, het ons gesien dat ons in die ry staan wat net trappe het tot op die 2de level en eers van daar af hysbakke het tot op die toppunt. Ons was reeds flou gestap en moes nou al daardie trappe ook trotseer. Maar ons het darem net-net deurgetrek.

Net om julle ook 'n idee te gee hoe ver ons die aand nog teruggestap het na ons hotel toe (het toe nog nie Metro kaartjies gekoop nie), kyk na die foto waar die son nie heeltemal gesak het nie. Sien julle die helder-skynende malle-meule? Wel, ons hotel is sowat 500 meter daarvan af gelee, so ons het darem vir jou ver gestap daardie dag.

Daar was ongelukkig soveel toeriste, dat alhoewel ons kaartjies gekoop het om tot die toppunt te gaan, ons nie eers opgegaan het tot heel bo nie. Dit was reeds so 22:30 toe ons in die ry gaan staan het om tot heel bo te gaan, maar daar was soveel mense in die ry voor ons, dat ons seker 'n uur of meer sou moes wag en toe besluit ons maar om huis toe te gaan. Ons sal volgende keer maar eerste ding die oggend wanneer die Eiffel Toring oopmaak en dan opgaan tot bo, want daar sal dan nog nie soveel toeriste wees nie.

Dit is darem maar 'n sight om al die liggies so te sien in die aand. En hierdie foto's doen dit nie justice nie, want dit kan nie regtig vasgevang word op die foto's nie. Plus, mens moet 'n spesiale kamera he om te verseker dat die liggies nie blur in evening-shots nie. Op 'n sekere deel van die aand, verlig hulle ook die Eiffel Toring met soveel mini strobe-lights wat soos duisende klein sterretjies lyk wat flikker. Baie sprokiesagtig.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts