King of the hill
Hier is ons op Montmartre - 'n heuwel wat 130 meter hoog is. Op die een foto met Johan is die Romeins-katolieke kerk sigbaar in die agtergrond. Dit staan bekend as die Basilica of the Sacred Heart en is opgedra aan die heilige hart van Jesus.
Dit is 'n baie populere landmerk wat omtrent oral vanaf 'n hoe uitkykpunt in Parys sigbaar is. Ons het die Sondagoggend in die kerk gegaan om te sien hoe dit van binne af lyk, heeltemal onbewus dat daar op daardie moment 'n diens aan die gang was. Maar dit word toegelaat dat toeriste tydens eredienste inloop en in 'n groot halfsirkel instroom en uitstroom op die voorwaarde dat mens darem stil is. Dit was wel nogal overwags, want hier by St Paul's Cathedral in Londen, word toeriste nie toegelaat in die katedraal tydens eredienste nie. Dit was nogals 'n ongemaklike gevoel om daar rond te loop as toeris terwyl die priester sy diens lewer in Frans en honderde mense in die gemeente sit en luister.
0 Comments:
Post a Comment
<< Home