European Adventures of Toinette and Johan

Sunday, September 28, 2008

Dawidsbeeld




Die 5.17 meter marmerbeeld van Dawid wat deur Michelangelo gemaak is, is een van Florence se gewildste toeristeaantreklikhede. Aangesien ek en Johan se tyd in Florence beperk was, wou ons nie te veel tyd spandeer in 'n sekere gebou nie en het ons maar eerder die geboue van buite beskou. Ons het dus ongelukkig nie in die Gallery of Academia ingegaan om die oorspronklike Dawidsbeeld te gaan besigtig nie. Daar is wel verskeie replikas van die beeld wat buite op verskillende plekke in Florence staan, soos gesien kan word by hierdie plein in die foto.

By dieselfde plein is ook talle ander indrukwekkende beelde, waaronder 'n mitologiese beeld van 'n man wat 'n centaur stoei.

PS: Aan al die Ninja Turtle bewonderaars, jul het reg, die name vir die Ninja turtles is grootliks geinspireer deur bekende Italianers (Michelangelo, Leonardo da Vinci, Raphael, Donatello).

0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts