European Adventures of Toinette and Johan

Sunday, September 28, 2008

Fit for a king and queen







Ek moet se, die gastehuis waar ek en Johan gebly het in Florence was uit die boonste rakke. Die foto's doen ongelukkig nie die kamer justice nie, maar dit was regtig super impressive.

Ons kamer was gelee binne 'n courtyard wat oop is bo en dus die niceste natuurlike sonlig ingelaat het. En daar was selfs 'n mural teen ons plafon waarna mens kon staar as mens nie lus was om te slaap nie. Die mini-bar was goed gestock met allerhande lekker biere en sappe en daar was selfs 'n paar selected rooiwyne wat mens (natuurlik teen betaling) in die privaatheid van jou eie kamer kon geniet. Nie net was daar allerhande verskillende tipes tee wat mens kon drink nie, maar daar was selfs pakkies heuning wat mens in jou tee kon gooi as jy wou - dit is die level van attention to detail wat ons in daardie gastehuis gehad het. Dit was hemels.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts