European Adventures of Toinette and Johan

Sunday, September 28, 2008

Gladiators - are you ready?






Ons besoek na die Colosseum was baie interessant. 'n Mens kry 'n audio-guide wat lyk soos 'n groot ou selfoon en wat mens lei met allerhande interessante brokkies inligting soos mens deur die kolosseum beweeg.

Die kolosseum is gebou in 70-80 AD en baie gladiators het daar geveg in hulle leeftyd:

"Originally capable of seating around 50,000 spectators, the Colosseum was used in gladitorial contests and public spectacles. It remained in use for nearly 500 years with the last recorded games being held in the 6th century. As well as the gladiatorial games, other public spectacles were held there, such as mock sea battles, animal hunts, executions, re-enactments of famous battles, and dramas based on Classical mythology. The building ceased to be used for entertainment in the early medieval era. It was later reused for such purposes as housing, workshops, quarters for a religious order, a fortress, a quarry, and a Christian shrine."

Na beraming het sowat 500 000 mense en oor 'n miljoen wilde diere daar gesterf. Aangesien gevegte tussen gladiators tot die dood toe was, was die algemene life expectancy van gladiators sowat 30 jaar. Alhoewel dit maar die algemene life expectancy van meeste Romeine was. Sommige slawe kon veg vir hulle vryheid deur deel te naam aan die gladitorial games - as hulle nie doodgegaan het nie, dan kon hulle hul vryheid wen. Ander gevangenes wat tot die dood veroordeel is, is soms gedwing om deel te neem aan 'n geveg met wilde diere, en hul was baie maal ongewapen. Die mense was maar openlik wreed, siek en bloedlustig in daardie tyd - om te dink dat mens genot daaruit kon put om te sien hoe 'n ongewapende mens verskeur word deur een of ander wilde dier...

0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts