European Adventures of Toinette and Johan

Monday, May 24, 2010

So naby en tog so ver!



Ons was so naby aan Frankryk dat ons sms'e ontvang het van ons selfoon service providers wat gelui het: "Welcome to France" en ons bewus gemaak het wat tariewe van Frankryk af sal kos. As ons Britse paspoorte gehad het, kon ons lekker op 'n ferry gespring het en vir die naweek Calais toe gegaan het. Maar aangesien ons nog steeds SA burgers is, sal ons eers Schengen Visas moet kry en allerhande reelings vooraf moet tref, wat nogals 'n schlepp is. Wel, ten minste werk ons op na daardie punt waar ons eendag impulsief op 'n vliegtuig of ferry kan spring en sommer net vir 'n lekker lang naweek Europa toe kan gaan. Alles op sy tyd...net geduld he...

0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts