European Adventures of Toinette and Johan

Sunday, July 24, 2011

Honest to goodness grub


Daar word allerhande brode en kosse vars gemaak op die perseel by die Eden Project met plaaslike kwaliteit-produkte en van die groente en vrugte wat gebruik word, word ook vars op die perseel gegroei.

Aangesien die hele gees rondom die Eden Project gaan oor a sense of community and being kind to the earth and to one another, is die prosedure waarop dit werk dat mens dit wat jy wil eet en drink uitkies, by 'n tafel gaan sit en jou spys en drank geniet en as jy klaar geëet het, by die til daarvoor gaan betaal deur op te roep wat jy geëet en drink het.

So dit is grootliks gebaseer op eerlikheid en integriteit, want as mens regtig wou, sou mens kon jok oor wat mens alles gehad het of plein uit loop sonder om te betaal. Ek hou van die sin van eerlikheid en vertroue wat dit onder mekaar aanmoedig. En ek en Johan het verskriklik lekker geëet.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts