Beatrix Potter Gallery
Na ons Beatrix Potter se huis waar sy geleef het besoek het by Hill Top, het ons terug geskiet na ons geliefde Hawkshead waar ons die Beatrix Potter Gallery besoek het. Elke jaar is daar 'n nuwe uitstalling en hierdie jaar was daar oor die 40 oorspronklike ink-sketse van The Tale of Peter Rabbit wat Beatrix geillustreer het. Elke paartjie is die storieboek gegee om mee deur die gallery te loop en die storie te lees en te volg soos mens van skets na skets beweeg. Ek het weer soos 'n kind gevoel...
Haar kinderstories is so bekend en geliefd reg oor die wêreld, dat dit selfs in Chinees ook vertaal is!
0 Comments:
Post a Comment
<< Home