European Adventures of Toinette and Johan

Sunday, October 27, 2013

Paddington to Penzance

Ek en Johan het sommer die oornag-trein die Vrydagaand geneem vanaf Paddington stasie na Penzance in Cornwall.  Op die trein het ons in klein kompartemente of berths geslaap wat spesiaal daarvoor ingerig is.  Ons was dus lekker uitgerus toe ons in Penzance aankom vroeg die Saterdagoggend, van waar ons weer die ferry moes kry Scilly toe.



Scillonian Ferry

Ons het met die ferry vanaf Penzance na Scilly (uitgespreek Silly sonder om die c hard-op te klank) toe gevaar.  Ons is bly ons het nie die Airbus vliegtuigies gebruik nie, aangesien dit so mistig was dat talle mense se vlugte gekanselleer was en hulle genoodsaak was om in elk geval die ferry te gebruik.

Die ferry-rit duur so onder 3 ure en daar is net een rit per dag:  Dit vaar die oggend Scilly toe en anker daar vir dag waar dit dan weer die middag terug vaar Penzance toe.





Watch this space...

Vars aangekom in Scilly en hier is 'n foto van die advertensieborde wat daagliks verander en inligting gee oor watter bote watter tyd na watter eilande toe gaan.  Hierdie skedules verander daagliks aangesien alles afhang van die getye en as mens dus na die ander eilande toe wil gaan moet mens hierdie borde dophou om te kyk wanneer mens kan gaan.  Die ferry wat ons afgelaai het troon ook uit in die mistigheid bo die ander bote.




Chilling out

Johan span lekker uit in ons woonstel wat ons gehuur het vir die week na 'n laaaaaaaaang reis Scilly toe.


Sea view

'n Paar foto's van die uitsig vanuit ons woonstel se venster uit.  Daar is ook 'n groot grasperk met baie tafeltjies en stoeltjies wat oop is aan die publiek en waar mense ietsie kan eet of drink terwyl mens uitkyk oor die see.



Misty Peaks

Scilly was nie heeltemal wat ons verwag het nie.  Ons het geweet dit sal nie naastenby 'n tropiese en warm tipe eiland-vakansie wees nie, maar tog het niks ons voorberei op hoe anders hierdie eilande sou wees nie.  Dit is sekerlik die plek waar die weer die vinnigste verander binne sekondes.  Die een oomblik is dit clear skies en die volgende rol die mis so skielik en dig in dat mens nie 10 meter voor jou kan sien nie.

Een ding wat mens wel van Scilly kan sê is dat dit een van die plekke met die mees ongerepte natuurskoon is wat ons al ooit besoek het.  En as gevolg van die min karre is daar ook verskriklik min besoedeling met die varsste en skoonste lug om in te asem.  

Scilly bestaan uit vyf bewoonde eilande (St Mary, Tresco, St Martin, St Agnes en Bryher) en etlike onbewoonde omrigende eilandjies.  Ons het op die hoofeiland van St Mary gebly aangesien dit die meeste eetplekke ensovoorts het en die gerieflikste vir ons was.  Maar baie mense wat die rat race probeer ontsnap en behoorlik 'n breuk van samelewing probeer neem, verkies die stiller, rustiger eilandjies.

Die vreemde ding van Scilly is hoe dit 'n houvas op mens kry:  Toe ons daar was, was daar nie veel om te doen nie en teen die tyd dat ons huis toe moes gaan was ek reg om te vertrek.  En tog, paradoksaal, kry ek myself so nou en dan waar ek verskriklik verlang na Scilly.  So dit het tog onder ons velle ingekruip sonder dat ons eers daarvan bewus was en het 'n tipe magiese bekoring.


Scintillating Scilly

Een van die lekkerste herinneringe wat ons sal bybly van Scilly is die vars plaaslike produkte wat ons genuttig het tydens etes.  Die eerste aand van ons cullinary experience is afgeskop met 'n ete by St Mary's Hall Hotel waar ek die 'Catch of the Day' geniet het.  Ons het ook by die Atlantic Hotel gaan eet waar ons bederf is met 'n drie-gang maaltyd van die varsste gehalte.






Juliette's Garden

Tydens ons eerste walkies om die eiland van St Mary, het ons besluit om 'n pitstop te maak by Juliette's Garden waar ek 'n cream tea geniet het (scons met room en konfyt en 'n koppie tee) terwyl Johan 'n peppermint tee en die crumble of the day gehad het.  Baie van die restaurant se bestanddele word op die perseel gegroei in 'n greenhouse en Johan se pepperminttee was so vars dat ons gesien het hoe die kok die peppermintblare gaan pluk het vir sy tee.  Die mossies is ook so mak dat hulle op jou bord kom sit en die krummels probeer eet terwyl jy geselskap gehou word deur die aansig van die see.






Trust thy neighbour as thy would trust thyself - how refreshing!

Ek en Johan was absoluut verstom dat daar onbemande padstalletjies oral op die eilande was wat vars vrugte, groente, plante en handgemaakte items verkoop het.  Al wat jy moet doen as jy iets wil koop, is om jou geld in 'n glasbottel te gooi en dan die item te vat waarvoor jy betaal het.  Hulle het selfs die sleutel vir ons in die oop deur gelos van die woonstel waar ons gebly het, aangesien daar seker so min misdaad is op die eilande wat mense in staat stel om mekaar heelhartig te vertrou.  Dit was verstommend en moeilik om te glo, maar dit was so 'n verfrissende ervaring gewees.  Ek het juis ook by so 'n padstalletjie 'n sea urchin gekoop wat ek terug huis toe gebring het en 'n lekker herinnering is aan ons Scilly vakansie.






Dogmania at sea

Een van die opvallendste dinge in Scilly is hoe lief mense is vir hulle honde.  Hier is 'n foto van 'n geliefde hond wat hier begrawe is.  Daar is ook talle hondeienaars wat hulle honde saam vat na die ander eilande en daar met hulle gaan stap, so ons bote het altyd ten minste 'n paar woefters op gehad wat die rit nog aangenamer gemaak het.




Historymania

Die ander ding wat ons opgeval het van Scilly was hoe belaai dit is met see-gebonde geskiedenis.  Hier byvoorbeeld is 'n aandenkingsplaat met die volgende inskrywing:

"This stone marks the place where the body of admiral of the fleet, Sir Cloudesley Shovell, was washed ashore after his flagship, HMS Association, was wrecked on the Gilstone Rocks on the night of 22nd October 1707."



In Memoriam - Ouma Joe

Op al die eilande het ons talle van hierdie Krismisrose gesien (ek weet nie eers wat die behoorlike naam vir hulle is nie) en ek het dit afgeneem in aandenking van Ouma Joe wie se tuin altyd vol van hulle was en my sommer nostalgies laat verlang het na my kinderjare.


Getting around - island style

'n Foto van die plaaslike bus, alhoewel ons eerder verkies het om oral heen te loop.


Cruise Ship a-stopping by

Op die eerste volle dag wat ons in Scilly was, die Sondag, het 'n cruise ship  so entjie van die hoofeiland van St Mary geanker vir die dag.  (Ons neem aan die water is seker te vlak vir die enorme skip nader aan die oewer.)  Ons het kort-kort kleiner bootjies van die skip gesien vaar wat mense opgelaai het en na die omliggende eilandjies toe gevat het.  Die volgende dag het die cruise ship  reeds weer vertrek.


Burial Chambers and Halangy Down Ancient Villages

Op baie van die eilande is daar historiese burial chambers wat dateer uit die Bronze Age en ancient villages wat dateer uit die Iron Age:

"There is evidence of extensive and permanent settlement on the Isles of Scilly from around 2500 BC.  At that time the sea level was lower and much of Scilly formed a single landmass. Throughout later prehistory the sea level continued to rise, and it was probably at about the end of the Roman period that the islands we see today began to form, when the sea had flooded the productive farmlands that presumably occupied the sheltered valleys and flatter lands between the present islands."

Vir diegene wat gefassineer is deur die historiese feite rondom hierdie onderwerp, julle kan meer gaan nalees hieroor:














Trip to Treso - All aboard!

Die heel eerste eiland wat ons besoek het was Tresco.  Ons het die Maandoggend die boot daarheen geneem, maar die boot was so (oor)vol dat arme Johan die enigste passasier was wat moes staan.  Hulle probeer die bote so vol laai as moontlik, om die hoeveelheid bote wat moet uitvaar te beperk tot 'n minimum en arme Johan het die kortste lootjie getrek :-)



Newer Posts Older Posts