European Adventures of Toinette and Johan

Thursday, April 30, 2009



'n Paar foto's geneem in die park langs Cardiff Castle. Hulle het die mooste bome in die park en van die bome kan mens sien is reeds jare oud met verskriklike dik stamme. Oud en wys.

Daar was selfs 2 hippis wat 'n bietjie tree-hugging gedoen het :-)

Die drie (reisende) musketiers


Een vir almal en almal vir een!!! :-)

Cardiff Castle






Cardiff Castle se geskiedenis strek so 2000 jaar terug:

"Roman soldiers slept here, noble knights held court here, and the Bute family, with extraordinary wealth and vision, transformed the castle into a romantic Victorian fantasy. 'Eccentric genius' William Burgess was give free rein to create the lavish and opulent interiors." [Cardiff Castle pamphlet]

As gevolg van die feit dat die kasteel so baie eras oorleef het en deur so baie mense besit is op verskillende tye, bestaan die kasteel uit 'n mengelmoes argitekturele aanbouings. Dis pragtig.

View from the top!





'n Paar foto's wat geneem is van die bokant van die fort wat apart staan van die res van die kasteel en op 'n koppie gebou is wat omring is deur water wat sowat 6 meter diep is. Foto 1 is van die fort self.

Cardiff Castle interior








Hier is 'n paar foto's van die binnekant van Cardiff Castle. Dit is verskriklik mooi, ornaat en gedetailleerd. William Burgess het 'n fantasiewereld ontwerp in 'n tipies Victoriaans-Gotiese styl.

Animal Wall









Volgens oorlewering wou John Patrick Crichton-Stuart, 3rd Marquess of Bute, graag 'n dieretuin gehad het. Maar kon nie permissie daarvoor kry nie en het toe maar besluit om die animal wall te laat bou wat deur William Burgess ontwerp is. Dit lyk asof al die diere besig is om oor die muur te klim en ontsnap - baie oulik!

Christov & Jet: Die 3de laaste foto laat my en Noeks dink aan Nan :-)

Fancy Schmancy





Die hotel waar ons gebly het was 'n 4-ster hotel en ek moet se ek was baie beindruk met hul goeie diens en doeltreffendheid. Die hotel het ook 'n sauna, swembad en spa waarvan mens gebruik kan maak, maar ons tyd was bietjie beperk so ons kon ongelukkig nie daarby uitkom nie.

Die hotelkamer was lekker groot met 'n massiewe hoekvenster wat 'n mooi uitsig bied oor Cardiff. Johan le ook net al te vermakerig uitgesprei op die bed. Posh to the max people!

Happy campers!




Net 'n paar foto's van die travellers :-)

Good times!

Vir ons Pappas



Nou ja, diegene wat my en Johan goed ken sal weet dat ons nie juis sportbullies is nie, maar ons weet wel dat ons Pappas groot rugby liefhebbers is. So hierdie is spesiaal vir julle.

Foto 1 is van die Millennium Stadium wat Cardiff se nasionale stadion is. Dit is die huis van Wallis se nasionale rugby span en Wallis se nasionale sokker span. Ander events wat ook al daar gehou is, is die Speedway Grand Prix of Great Britain en mense soos Madonna, Tina Turner en The Rolling Stones het ook al daar opgetree.

Die stadion het geopen in Junie 1999 en die eerste groot event wat daar plaasgevind het was 'n rugby unie wedstryd waarin Wallis vir Suid-Afrika gewen het in 'n friendly met 29-19. Dit is die grooste stadion in die wereld met 'n fully retractable roof. Selfs die sneeu hoef nie 'n wedstryd hier te keer nie.

Foto 2 is 'n bewys dat rugby groot is in Wallis.


Welsh taal




Welsh is 'n taal in eie reg wat afstam van Celtic en word vandag deur 750 000 mense wereld wyd gepraat in Wallis, Engeland, Argentinie, Canada, Amerika, Nieu Zeeland en Australie.

Dit is 'n baie vreemde maar interessante taal en klink anders as enige taal wat ek al ooit gehoor het. Hier is 'n paar foto's van die taal. Vir die taalkundiges (in besonder Carin, Hanta en Karien) ek glo julle sal die volgende interessant vind. Vir diegene wat nie in taalkunde belangstel nie, slaap maar gerus solank:

Op foto 1 is die Welsh woord vir polisie "heddlu", maar die u word as 'n y uitgespreek.

Op foto 2 is die Welsh woord vir bus "bws" en dit bestaan dus net uit konsonante, maar ek glo die w word seker as 'n klinker uitgespreek.

Op foto 3 is daar 'n woord "gwmpas" wat "around" of "about" beteken en sommer 4 konsonante in 'n ry het. Weird!!!!

Singing in the rain!



Ons het die sightseeing bus gevat tot by Cardiff se baai area. Die 2de en laaste dag van ons trip was baie reenerig. Bewys net weereens dat mens nie die weervoorspellings kan vertrou nie. Hulle het reen voorspel vir Saterdag, maar Saterdag was heel sonnig. En Sondag was veronderstel om sonnig te wees, maar dit was reenerig.

Foto 1 is van Cardiff se Teater waar allerhande opvoerings gehou word. Op foto 2 is "Mary Poppins" haarself besig om te speel in haar eie musical en tussendeur die singing in the rain word sy amper opgeskep deur die wind ;-)

Wetlands



Cardiff het 'n Wetlands Reserve wat 8 hektaar groot is. Die area is amptelik geopen as a wildlife reserve nadat dit eers 'n salt marsh was. Ons moes ons pad veg deur vlieende insekte waarvan die spikkels liggies gesien kan word op die 2de foto. Mens kon omtrent nie waag om mens se mond oop te maak nie - jiggie!

Allerhande voels, insekte en wild life kan hier gesien word. Wens ons kon bietjie uitkamp en kyk wat ons alles te siene kon kry, maar daar was ongelukkig nie tyd daarvoor nie.

Independent shops


Hier is 'n fodie van Carla wat geneem is op die rivierboot waarmee ons na die see se pier gery het. Cardiff het 7 arkades met baie independent shops :

"Cardiff is known as the 'city of arcades', due to its Victorian, Edwardian and contemporary indoor shopping arcades" [Wikipedia]

Dit is verfrissend om bietjie by independent shopping stores te kan inkopies doen, eerder as die gewone ou kettingwinkels. Daar is ook 'n paar 2de-handse klerewinkels en Carla het juis hierdie quirky hoed op die foto by een van hulle gekoop vir 'n redelike prys.

Bye-bye baai, see en kaai








Ons het die dag afgeeindig deur op die pier te gaan rondloop en ons het ook die see te siene gekry. Cardiff se see is pragtig, maar baie anders as Suid-Afrika se see. Die water is kalm en daar is nie sprake van branders of 'n ongerepte kuslyn nie. Dit lyk meer na 'n massiewe dam as 'n see.

Ons was ook bevoorreg genoeg om daar te kon wees terwyl die brug moes oopmaak vir 'n boot wat wou deurgaan. En die kolossale sluise wat die watervlakke beheer is baie indrukwekkend.

Ons het 'n laaste fodie van die drie musketiers geneem daar op die pier en toe was dit tyd om terug te gaan en ons respektiewelike treine te vang. What a nice way to end the trip. :-)

Newer Posts Older Posts