European Adventures of Toinette and Johan

Monday, March 12, 2007

Putt-putt



Argitektoniese wonders is absoluut asemrowend, maar dis tog lekker om die kleiner dingetjies in die lewe - soos miniature golf - te geniet. Ai, ons plebs darem!

Beautiful Bath!








Net 'n paar mooi foto's van Bath. Dit is 'n wonderlike plek waar baie van die outydse argitektuur gepreserveer is.

Boot back hacktor


Kyk Francois - 'n boot back hacktor. Cool, ne?

Die lock






Ons was bevoorreg genoeg om te sien hoe hulle watervlakke beheer d.m.v. sluise en hoe hulle 'n boot laat deurgaan waar watervlakke nie level is nie. Dit bestaan uit 2 sluise - die eerste een is om die boot deur te laat en dit dan weer te sluit as die boot in is. Dan word die tweede sluis bietjie-bietjie oopgemaak totdat die water vanaf die kanaal level is binne die kompartement. En as dit level is, word die boot deurgelaat - baie cool!

Shame, daar was 'n swaan wat ook vasgekeer was in die kompartement. Maar een van die foto's wys hom waar hy uiteindelik weer op die kanaal vaar nadat hulle die watervlak laat styg en die boot deurgelaat het.

"On waterways (navigable rivers and canals) a lock is a particular type of device for raising or lowering boats between stretches of water at different levels. The distinguishing feature of a lock is a fixed chamber whose water level can be varied; whereas in a boat lift or canal inclined plane, it is the chamber itself which moves.

Locks are used to make a river more easily navigable, or to allow a canal to cross country that is not level."

The Circus


"The Circus is a famous example of Georgian architecture in the city of Bath, begun in 1754 and completed in 1768. The name comes from the Latin word 'circus', which means a ring, oval or circle. Wood's inspiration was the Roman Colosseum, but whereas the Colosseum was designed to be seen from the outside, the Circus faces inwardly. All three Orders of Roman architecture, (Roman Doric, Ionic and Corinthian) are used, one above the other, in the elegant curved facades. The frieze of the Doric entablature is decorated with alternating triglyphs and 525 pictorial emblems, including serpents, nautical symbols, devices representing the arts and sciences, and masonic symbols. The parapet is adorned with stone acorn finials." Sekere mense spekuleer dat Wood geinspireer is deur Stonehenge en 'n belangstelling gehad het in alchemy en dus hierdie 4 geboue gebou het wat saam 'n sirkel vorm om die son of maan te representeer.

Foto vir mamma


Mamma Zema

Johan het hierdie foto geneem, want hy weet Ma sal dit smaak. Wens ons kon hom steel en by ma se ystervarkie voeg!

Horse and carriage


Diegene wat 'n perdekarrit deur Bath wil vat is welkom om so te maak - teen 'n skaflike prys natuurlik!

Royal Crescent


Hierdie gebou is baie indrukwekkend - dit is gebou in 'n semi-sirkel en bestaan uit 3o huise aanmekaar. Die groen grasperk voor dit is glo gebruik vir skape om te wei. En dele van die vervalle muurtjie is nog sigbaar om die skape juis van die mense te skei. Die muurtjie is glo 'n "ha-ha" genoem, omdat commoners glo "ha-ha" geroep het as hulle geval het van die muurtjie af. Maar dit klink vir my uiters absurd en ons glo dit nie juis nie - ek bedoel, wie sal nou "ha-ha" roep as mens val? Bekendes soos Jane Austen het glo by tye daar gebly.

"The land for this development was acquired by John Wood the Younger in 1766. It was meadow and pasture land outside the old city boundary. The building took place between 1767 and 1775. John Wood the Younger designed the crescent as a row of 30 lodging houses for the gentry coming to Bath for the season. The 30 houses have an almost totally uniform appearance and there are 114 Ionic columns to the front. No 1 Royal Crescent has been fully restored as a Georgian Town House and is open to the public. Fortunately the open space to the front of the crescent still exists as undeveloped and is often used for concerts, firework displays and hot air balloon ascents. The "Grand Old" Duke of York lived in No 1 in 1796."

Sies, maar dis lekker!



Mens se kaartjie na die Romeinse baddens sluit ook 'n gratis glas water in vanuit een van die hot springs diep ondergrond (dis darem nie deel van die gross groen water in die Romeinse baddens nie, hoor!) Maar die water is in elk geval baie sleg - dit is lou-warm, met 'n verskriklike aardige smaak en reuk. Maar dit is glo baie goed vir 'n mens en bevat 49 minerale - so ek het maar 'n glas aangedurf. Johan was nie so dappper nie en het net 'n klein slukkie by my gevat!

Latin curses


Daar is 'n glaskas met allerhande curses wat in Latyn geskryf is op pewter.

"These pewter curses were written as personal messages to the goddess and were only to be read by her. People may have written the curses themselves or paid an official scribe if they did not how to write Latin. Most of the curses deal with the theft of items and ask for the goddess' help in getting the items returned. Many of the items could have been stolen from the changing rooms in the baths while the owners were bathing".

Baie van die curses (wat vertaal is in Engels vir ons om te verstaan) is verskriklik snaaks. Al wat ek weet is dat ek definitief nie 'n Romeinse man of vrou sou wou kwaad maak nie. Daar is curses wat byvoorbeeld hoop dat die dief se liggaamsdele moet afval, of dat hulle blind moet word, of dood moet gaan - nogals erg!

Romeinse Tegnologie



Die Romeinse tegnologie was verskriklik gevorderd vir daardie tyd. Hulle het byvoorbeeld hulle eie sentrale verhitting stelsel gehad, waarvan julle meer kan gaan lees by http://www.romans-in-britain.org.uk/inv_central_heating.htm

Die sisteem is 'n hypocaust genoem en het gewerk deur 'n vloer bo-op hopies teels te laat rus. 'n Vuur is gestook naby een van die mure se openinge. Daar is verskeie lugpype gewees om die warm lug wat sodoende gegenereer is, te akkommodeer en sodoende die vloer en mure te verwarm.

Dit is egter baie donker daarbinne en ons kon nie regtig 'n mooi foto neem daarvan nie, maar die link wys darem 'n duidelik foto van hoe dit lyk.

Verder is daar verskeie oorblyfsels van die stene wat gebruik is in die oorspronklike geboue en die foto van die modelgebou is 'n voorstelling van hoe die geboue oorspronklik gelyk het.

Sulis Minerva





Die Romeinse baddens was 'n plek waarheen die Romeine gegaan het om:

1. Sulis Minerva, die godin van spring-water te aanbid. Daar is 'n aparte bad waar niemand gebad het nie, maar net offers gebring het aan die godin. Die kop van die beeld van die godin is jare terug gevind en kan gesien word in die foto van die glaskas.

2. Daar was oefengronde naby die baddens, so gladiators kon eers 'n lekker sweet opbou, waarna hulle dan in die warmwaterbronne van verskillende hittes kon gaan swem het.

3. Die baddens is beskou as 'n plek waar healing kon plaasvind. So baie mense wat gesukkel het met siektes ens. kon eers vir healing gaan bid by die tempel, en dan van die warmwaterbronne gebruik maak om hul siektes te help beveg of pyn ligter te maak. Die Romeine het 'n ander idee van hygiene gehad, en hulle het nie net in die waters gebad nie, maar ook daarvan gedrink omdat hulle geglo het in die healing properties van die water. GROSS! Imagine om mens se badwater te drink. En hulle het allerhande olies aan hulle lyf gesmeer om mee te bad - nie seep soos ons nie.

4. Dit was 'n bymekaarkomplek vir mense om net sosiaal te verkeer of besigheidstransaksies te voltrek, ens. Die Romeine het 'n ander perspektief gehad op naaktheid en mans en vrouens het (heel moontlik naak) saam gebad. Dit was nie vir hulle snaaks nie.

Dit was oop vir beide ryk en arm mense. Maar die verskil sou ooglopend wees. Die ryk mense het 'n hele vlaag bediendes/slawe gehad wat saamgekom het om wyn aan te dra en oor die besittings wag te hou. Arm mense het wolhanddoeke gebruik, terwyl die ryk mense linnehanddoeke gehad het. En die ryk mense het ook met hulle juwele aan gebad.

Nog historiese feite



"The Roman Baths lie about 15 feet below present street level and the remains of other Roman buildings extend beneath the City in all directions. The 16th Century Abbey stands on the site of earlier cathedrals and may also overlie a pagan Roman temple".

"The hot spring rises at a rate of 1,170,000 litres each day at 46,5 grade Celsius. The Romans used it to supply hot mineral water to the Baths. Offerings to the goddess Sulis Minerva were thrown into the spring. A vaulted building enclosed the spring in the later Roman period. The King's Bath, which is visible today, was built in the 12th Century A.D."

Romeinse baddens




Die Romeinse baddens was oorspronklik bedek met 'n baie hoe dak en die waters sou in daardie tyd dus helder gewees het. Maar die dak het etlike jare terug ingestort en aangesien die baddens nou dakloos is, is die waters groen as gevolg van die sonstrale wat alge in die water veroorsaak.

Die Romeinse baddens word nie meer vandag gebruik nie en dien net as 'n museum. Daar is egter 'n moderne Spa naby die Romeinse baddens waar mens wel kan gaan swem in die warm water. Wetenksaplikes glo dat die water in die Romeinse baddens oorspronklik reenwater was wat geval het en deur die hitte van die aarde verwarm is. Hierdie is die enigste natuurlike warmwaterbron in Engeland.

Die toer is baie oulik - elkeen kry 'n luisterapparaat wat soos 'n groot telefoon lyk en as mens die nommers wat by sekere sleutelpunte aangedui word intik, word dele van die geskiedenis van die Romeinse baddens vir mens vertel.

Dis asemrowend om te dink dat hierdie Romeinse oorblyfsels tweeduisend jaar oud is. Dit is eers in 1890 herontdek en die beelde en die terrace is eers in 1894 aangelas en gebou bo op hierdie baddens.

Bath Abbey 2


Nog 'n foto van Bath Abbey. Hierdie een is egter geneem vanaf die geboue wat die Romeinse baddens huisves.

Bath Abbey


Hierdie is die Abbey wat naby die Romeinse baddens geleë is. Daar is 'n ou omie wat werk by die kerk wat 'n seun het in Johannesburg - klein wêreld! Dit is 'n imposante voorbeeld van Gotiese argitektuur en daar is "Jacob's ladders" aan die voorkant wat engele voorstel wat opklim hemel toe. Ek het die prayer trail gedoen waar jy na verskillende dele binne die kerk gaan en verskeie gebede uitoefen, en ek het 'n kers gebrand vir ons geliefde families wat ver is, en ek hoop dat ons lang, gesonde lewens mag lei.

Uitsig in Bath



Hierdie is die uitsig vanuit ons kamer gewees.

Newer Posts Older Posts