European Adventures of Toinette and Johan

Monday, June 18, 2007

The Royal Pavilion




Hierdie is 'n verskriklike imposante gebou, wat se uiterlike argitektuur my herinner aan die Taj Mahal. Binne is hierdie gebou nog meer ornaat en, alhoewel verskriklik over-the-top en luuks, steeds baie indrukwekkend. King George IV was baie geinteresseerd in die Ooste (Chinese en/of Indiese ontwerpe, ens.) en die hele woning is opgemaak uit meubels en ornamente en muurpapier wat deur Engelse gemaak is uit tekeninge en skilderye wat vanuit China oorgebring is. Dit is dus 'n Westerse, Engelse interpretasie van die Oosterse, Chinese kultuur en dus 'n baie interessante gebou.

Ons kon ongelukkig nie foto's binne neem nie. Daar is egter 'n chandelier in die formele diningroom wat oor 30 voet lank is en 'n ton weeg en bestaan uit 'n draak wat die chandelier in sy voete vasklamp en lotusblare wat die ligte omvou. Hierdie is maar net een van die besienswaardighede en die vertrekke het letterlik my asem weggeslaan!

0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts