European Adventures of Toinette and Johan

Thursday, September 02, 2010

Seal Island






Aangesien ons eers so twee-uur die middag moes waai, het ons darem nog die hele oggend gehad om nog bietjie rond te loop. Ons het nog 'n boot trippie gevat - hierdie keer na Seal Island toe. Van die robbe was ongelukkig bietjie sku, so daar was nie so baie op die rotse soos ons gehoop het nie.

Maar daar was darem enetjie wat lekker in sig in die son gele en bak het. En 'n paar ander het lekker in die water baljaar. Daar was veral een rob wat MASSIEF was - moet seker die alpha male wees of iets! Robbe is baie nuuskierige diere en hulle het kort-kort kom loer wie vir hulle kom kuier het.

Aangesien ons kamera omtrent zero zoom het (mmm...dink ons kort dalk 'n nuwe kamera), kon ons ongelukkig nie 'n duidelike shot kry van die robbe nie. As julle mooi kyk sal julle 'n rob sien le op die rotse in die laaste fodie, en nog 'n rob koppie sien uitsteek net onder die middelste rots in die water.

Die skippers wat die bote bestuur moet hulle stuff ken, want mens dryf vir so 15 minute of so op die water reg langs die rotse, met die getuie wat heeltyd verander en skommel om mens.

0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts