Beatrix Potter se huis
Die welbekende kinderboekskrywer en -illustreerder, Beatrix Potter, het net 'n entjie van Hawskhead af gebly op 'n plek genaamd Hill Top. Haar huis is in 'n museum omskep nadat sy oorlede is. Beatrix was ook 'n kranige boer in haar later jare en was veral lief vir die Herdwick skape waarmee sy geboer het. Na sy oorlede is in Desember 1943, het sy 14 plase en 14 000 hektaar land nagelaat aan The National Trust wat tot vandag toe nog dit bewaar en behoue laat bly vir die publiek om te geniet.
0 Comments:
Post a Comment
<< Home