European Adventures of Toinette and Johan

Wednesday, July 24, 2013

Dartmoor is calling!

Die taxi het ons Saterdagoggend 06:00 kom oplaai en ons Paddington stasie toe gevat.  Ons was lekker vroeg met baie tyd om te spaar en het eers 'n koffie gegryp.

Ons trein het half-agt se kant vertrek en ons het omtrent half-twaalf in Plymouth aangekom, waarvandaan ons 'n taxi geneem het Tavistock toe.





Dartmoor...how beautiful art thou?

Dartmoor is geleë in Suidwes Engeland in Devon.  Ons het in Tavistock gebly, wat op die grens van Dartmoor National Park geleë is.  

Dit is 'n ongelooflike mooi plek.  Steven Spielberg, wat sy film War Horse daar geskiet het, het van Dartmoor gesê:

"I have never before, in my long and eclectic career, been gifted with such an abundance of natural beauty as I experienced filming War Horse on Dartmoor ... And, with two-and-a-half-weeks of extensive coverage of landscapes and skies, I hardly scratched the surface of the visual opportunities that were offered to me".  [Dartmoor National Park]

Ons was ook baie bevoorreg om elke dag verby 'n pragtige stroompie te stap dorp toe en terug.  




Die gronde van die kleinhoewe waar ons gebly het

Foto's van die asemrowende gronde waar ons gebly het.









Beautiful on the outside...

'n Paar foto's van ons cottage van buite af:





A cosy cottage inside...

A comfortable & cosy abode






Standing tall

Die balke is gewoonlik laag in cottages.  Johan is so lank, hy moes natuurlik koes vir die kosyn :-).


I can feel the love, can you feel it too?

Nothing like brotherly love...  Hier is 'n pragtige foto van Johan en Christov.


Animal Farm

Ons gasvrou, Joanna, en haar man, Graham, het omtrent baie diere op hulle kleinhoewe:

Ons was so bevoorreg om ons eie persoonlike perd in ons voor-erf te kon gehad het.  Sy naam is Nelson en hy is 35 jaar oud, so hy leef al langer as ek en Johan!  Hy het ons sommer dadelik tuis en welkom laat voel.  

Dan is daar die springer spaniels, Poppy en Suzie (waarvan Suzie doof is), en kort-kort vir ons kom kuier het by ons cottage.

Daar is ook 'n paar wit eende wat lyk asof dit reguit uit 'n Beatrix Potter kinderboek geloop het, 'n dammetjie met nog eende en 'n paar tarentale.  Asook 'n antieke papegaai wat self 35 jaar oud of 45 jaar oud is (ek kon nie presies hoor hou oud nie, maar ieder getal is indrukwekkend!) 

Om alles af te rond is daar 'n paar katte (die een kat se pels lyk soos 'n tier en is pragtig).









Going walkabout for our supper...

Ons het die Sondag meestal rustig gevat, maar het wel 'n lekker lang scenic walk gevat pub toe om ietsie te eet.

Ons moes ook oor die moors loop vir 'n tyd waar die wind verskriklik sterk en aanhoudend is en jy regtig weerloos voel teen die elemente.









Whitchurch Inn & St Andrews Parish

'n Paar foto's van die pub genaamd die Whitchurch Inn waar ons 'n lekker vroeë aandete geëet het en die kerk langsaan, St Andrews Parish Church, wat sy eie begraafplaas het.





Happy Travellers!

“Love is, above all, the gift of oneself.”

~ Jean Anouilh ~


"Share your lives with each other.  Create memories together.  Love, cherish and safe-guard one another.  Be the fertile soil that makes each other grow, blossom and flourish."

~ Toinette Badenhorst-Roux ~



Gorgeous Lydford Gorge

Ons het besluit om Maandag Lydford Gorge toe te gaan, wat die diepste gorge in die Suidwes is.  Dis 'n pragtige vallei met indrukwekkende rotsformasies wat oor die laaste 10 000 jaar deur die River Lyd uitgekerf is.

Ons het 'n 5 kilometer walk deur die ruig, groen bos gevat en dit het ook 'n betowerende waterfal ingesluit wat 30 meter hoog is en die Whitelady Waterfall gedoop is.  Verder aan het ons oor die Devil's Cauldron geloop - 'n pot hole wat natuurlik gevorm is.

Dis verstommend hoeveel variasies van groen die verskillende plante en bome in die bos aanneem en ten tye is die groen so helder dat dit eintlik oorweldigend is vir mens se oë.  

Dit was regtig 'n magical ervaring gewees en het ons week in Dartmoor sommer perfek afgeskop.














Newer Posts Older Posts