European Adventures of Toinette and Johan

Sunday, May 11, 2014

Home, Sweet Interrum Home...

Ons huurhuis is 'n 1930's huis met 2 vloere in Epping, wat op die Noord-oostelike buitewyke van Londen geleë is en dit bestaan uit:  'n sitkamer, eetkamer, kombuis en toilet op die grondvloer, sowel as twee slaapkamers en 'n badkamer op die 1ste vloer.  Dit is geleë in 'n stegie reg van die hoofstraat af en as mens nie persoonlik weet van die huis nie, sou mens nooit kon raai daar is 'n huis daar nie.  Dis semi-detached, so die regterkantste deel is ons huis en die linkerkantste deel is ons bure s'n (hulle is gelukkig baie stil, so daar is geen sonde met die bure sover nie).

Om so naby aan die hoofstraat te bly het sy voordele - ons is 'n paar honderd meter van die winkels af, so dit is baie gerieflik vir ons wat nie 'n kar het nie.  En die tube stasie is maar net 10 minute se stap weg.

Ons hoop dat ons in die jaar 'n huis sal kry in Epping om te koop.  Maar die huismark is baie stadig op die oomblik, so ons sal maar moet wag en sien wat die toekoms oplewer.



Please Mr Postman...

Sjoe, ek het my darem al 'n paar keer lam geskrik as die posman ons briewe deur die briewe-gleuf druk.  By ons ou woonstel het ons 'n posbus gehad, maar huise hier in die UK het mos briewe-gleuwe waardeur die pos gegooi word.  Ek is nou al bietjie meer gewoond daaraan, so ek skrik darem nou al minder...



Living Room

Die grondvloer maak aan die linkerkant van die huis oop na die televisiekamer.  Ons het laas week ons bank bestel, maar dit kom eers oor 2 maande, so ons het maar 'n interrum sofa bed gekry vir die tussentyd.  Wanneer ons bank opdaag, sal ons die sofa bed sommer in ons 2de slaapkamer sit en dit kan dien as bed vir gaste wanneer ons eendag weer in 'n posisie sal wees om gaste te ontvang.

En ons kyk gelukkig uit op plante in ons voortuin, so dit maak die huis redelik privaat.

Ons gebruik eerder mini-koffietafeltjies as 'n groot koffietafel om spasie te benut, wat ons in staat stel om nog steeds saam te joga 2 keer 'n week en vir my om my oefeninge te doen in die oggende.





Red-Hot Fire

Ons is mal oor die ornate kaggeltjie in ons sitkamer, maar ongelukkig word die kaggel geblok deur 'n tafel wat ons nou elke keer moet opslaan as ons eet.  Ons het 'n space-saving eetkamertafeltjie bestel wat darem in die hoek sal kan staan, maar dit kom eers oor 'n paar weke.  So vir tyd en wyl moet ons maar opslaan en afslaan, opslaan en afslaan, opslaan en afslaan...

Ons dink nie die kaggeltjie is in werking nie, maar die central heating is in elk geval voldoende, so dit sal nie nodig wees om vuur te maak op koue wintersaande nie.  Alhoewel ek eendag in my eie huis mal sal wees oor so 'n feature.



Multifunctional Dining/Computer Room

Op die grondvloer maak die regterkant van die huis oop op 'n eetkamer wat grens aan die kombuis.  Aangesien die kombuis so klein is en ook min pakplek het, was ons nogals bekommerd oor hoe ons die spasie gaan bewerk aangesien ek en Johan so lief is vir kos maak en lekker eet.  Gelukkig dien die eetkamer nou as 'n spasie vir ekstra pakplek van ons kombuisware en kruideniersware.  Ons het 'n rak gekoop om die ekstras op te stoor en ons kombuistrollie help gelukkig ook uit.  Ons het ons rekenaars sy-aan-sy gesit teen die muur, so ons kan ook gerieflik daar werk.



Kitchen Kingdom (or is it a shed?)

Ons eine klein kombuis het darem al die noodsaaklikhede en die dubbeldeur maak oop op ons agtererf.




Now We're Cooking with Gas

Ons verstaan nou die idioom:  "Now we're cooking with gas."  Dis die eerste keer wat ons op gasplate kos maak en ons kon nie glo hoe vinnig die panne en potte verhit word nie.  Dit sny kosmaaktyd geweldig.


Lucky 2nd Loo

Ons het nou wel nie 'n hele 2de badkamer soos in ons ou woonstel nie, maar ons het darem wel 'n handige 2de grondvloer toilet.


Handy Over-Door Hooks for Hanging Stuff

Dankie tog vir handige over-door hooks wat die tekort aan kaste en hangplek darem oplos.




Stairway to Heaven (or is it limbo?)

Die voordeur maak direk oop op ons trappe wat bo oop maak aan ons hoofslaapkamer aan die linkerkant, en aan ons 2de slaapkamer en badkamer aan die regterkant.


Main Bedroom

Ons hoofslaapkamer het ongelukkig nie ingeboude kaste nie, so ons moet maar kreatief te werk gaan met stoorplek.  Ons bed is bestel en sal eers begin Junie hier wees, so ons slaap nog net op 'n matras op die oomblik.  Ons sal stelselmatig bedkassies koop vir al die essentials.  Maar ons wil meubels beperk tot die minimum - eerder kwaliteit essentiële items wat ons lank gaan dien as clutter.

Daar is 'n skrille kontras tussen die view wat ons gehad van die kaai in ons ou woonstel, en die view wat ons nou het van 'n parkeer area met 'n industriële depot vir stadsraad bussies reg langs ons, maar dit word darem bietjie gebreek deur die mooi kerktoring wat kop uitsteek bo die geboue.

Ek is wel heartened deur hoe aanpasbaar mens is.  As mens binne 'n spasie rondom jou kan opstel om jou te dien en vir jou te werk en dit homely kan maak, dan val die eksterne dinge wat mens gedink het onoorbrugbaar gaan wees eintlik maklik weg.








I Heart the Hearth

Daar is ook 'n mooi kaggeltjie in ons hoofslaapkamer.



The Hidden Eyesore that We Need to Ignore

Ons 2de slaapkamer is maar eintlik 'n stoorkamer op hierdie stadium.  Aangesien hierdie huis nie juis pakplek het nie en ons nie weer kans sien om alles oor te moet pak as ons uiteindelik eendag 'n huis kry om te koop en weer moet trek nie, wil ons nie bokse oopmaak wat nie absoluut noodsaaklik is nie.  So die 2de slaapkamer dien maar as 'n stoorkamer vir al ons bokse.  Die trekkery het my wel laat besef hoeveel nonsens mens opgaar en hoeveel dinge mens aan klou wat mens eintlik maklik mee weg kan doen.  Ek mik nou na 'n meer minimalistiese benadering tot besittings en wil eintlik die bokse een vir een deurgaan en ontslae raak van dinge en klere wat net eintlik gehou word vir eendag...  Hoe minder ek besit, hoe vryer, ligter en minder gebonde voel ek.




Bathroom

Ek en Johan het twee badkamers gehad in ons ou woonstel, so ons moet nou weer gewoond daaraan raak om 'n badkamer te deel.  Ons het 'n bad/stort combo en 'n lekker heated towel rail wat Johan gebruik om sy sokkies in die oggende op te warm.  Mmm...toasty...en 'n ongerusstellende teken dat ons nou regtig besig is om ouer te word :-)

(En ja, dit is regtig nog so koud hier by ons en ons trek al by Mei).




The Green Green Grass of Home

Vir die eerste keer in die UK het ons, ons eie tuintjie.  Dit beteken natuurlik meer werk vir ons, maar dit sal alles die moeite werd wees sodra hondepotjies oor daardie groen gras gaan hardloop.  Die tuin maak Johan wel bietjie "mal" op hierdie stadium - daar is verskriklik baie onkruid wat ons van ontslae sal moet raak en die gras groei verskriklik vinnig as gevolg van al die reën in die UK.  Gelukkig is ons tuin baie klein en Johan kan die gras letterlik in 10 minute sny.  Die groenigheid is ruig en laat ons geborge voel, en dit verlig die feit dat ons langs 'n industriële stadsraad depot bly, omdat ons redelik afgesonderd van dit voel.




A Lovely (Muddy) Country Walk

Ek en Johan het 'n walk gevat na 'n nabye, gewilde pub / restaurant om onsself in te lyf in die omgewing en ons het sommer deur die bos gesny.  Ongelukkig het ons nie besef dat dit nooit 'n goeie idee is om te gaan stap net na dit die vorige dag gereën het nie, want die grond was deurnat en omgedolwe deur perdehoewe wat daardie oggend daar verby is.  Ons sal definitief moet belê in 'n paar Wellington Boots vir sulke avontuurlustige ekspedisies.



Golden Fields Abound Beyond

Daar is oral rondom Epping landerye met pragtige geel blommetjies en dit is rapeseed oil wat geoes word.


Country Show with Animals & Co

Ek en Johan het oor die lang naweek 'n taxi gevat na 'n Country Show sowat 20 kilometer buite Epping, maar die rit soontoe en terug het langer gevoel as gevolg van die long and winding country roads.  Daar was allerhande kosstalletjies met vars, plaaslike produkte,  arts and crafts stalletjies, en daar was allerhande plaasdiere op skou soos kuikentjies, ponies, bokkies en reptiele, wat die kinders veral geniet het en aan kon vat onder die toesig en leiding van bekwame hande.






Low and Behold - Up High in the Sky

Daar was 'n falconry show...



Shire Horses on Parade

Daar was Shire Horses...



Doggies here, doggies there, doggies almost everywhere...

En natuurlik was daar oral oulike woefies.






Newer Posts Older Posts