European Adventures of Toinette and Johan

Monday, July 13, 2009

A garden fit for a king













Ons het 2 ure gekry om te spandeer by Armadale Castle Gardens wat 'n 20 000 hektaar estate is wat behoort het aan die Clan Donald en in 1971 deur die Clan Donald Lands Trust oorgekoop is en tans onderhou word. Hulle het ook 'n museum van die Isles daar opgerig.

Daar is net 'n murasie oor van die kasteel, maar dit is baie dekadent. En die tuine herinner meer aan 'n woud. Dit is besonder mooi en dit is so relaxing om daar rond te loop. Ek en Johan sal daarvan hou om eendag weer terug te kom en van een plek na die ander te reis en hiking trails te doen, want daar is talle gesaai langs die Isle of Skye.

PS: Pasop vir Kensnetta die Viking - die kenste Netta ooit om die Isle of Skye te besoek!

Fancy a ferry crossing?



Na ons besoek aan Armadale Castle and Gardens was dit tyd om met die ferry oor te gaan vanaf Armadale na Mallaig waar ons die stoomtrein sou kry. Dit gaan my verstand te bowe om te dink dat die bussie waarmee ons gery het die trippie saam met ons maak oor die water. Ons bussie is maar klein in vergelyking met die ander groot busse en voertuie wat ook die reis meemaak. Dis wonderlik hoe sterk die ferry is en hoeveel gewig dit kan dra.

Full steam ahead Hogwarts Express!




Ons het vanaf Mallaig na Fort William gereis met die Jacobite stoomtrein wat een van die most scenic treinritte is in die wereld. Die geluid van die enjins en die toet-toet van die trein is so 'n outentieke ouwereldse ondervinding.

Vir al die Harry Potter fans - dis nou jy Nolene Summerton - hierdie is die trein en brug wat hulle gebruik in die Harry Potter films. Ons kon ongelukkig nie 'n foto kry van die einste brug (viaduct) waaroor ons gery het nie, want almal het die vensters toegestaan om dit af te neem. Maar jy kan gerus hier gaan kyk hoe dit lyk!

Ons toergroep het van Fort William af teruggery waar ons weer in Edinburgh aangekom het omstreeks 20:00 die aand. Die Hooglande is 'n hoogtepunt wat ons altyd sal bybly.

Glencoe





Hierdie is geneem by Glen Coe wat 'n glen (valley) is in die Skotse Hooglande. Dit word beskou as een van die mooiste en indrukwekkendste plekke in Skotland. Die foto's doen die ontsaglike prag van die bens, glens en lochs nie justice nie - dit is onmoontlik om die vastness en die oorweldigende prag op kamera vas te vang. Mens moet dit self ervaar om die magic daarvan te capture.

Dit is bekend vir die Massacre of Glencoe waarin 38 MacDonals van die Clan MacDonald of Glencoe doodgemaak is aangesien hul nie vinnig genoeg die dokument onderteken het om trou te sweer aan die nuwe monargie van die tyd Mary II en William II nie. Hul is in die aand oorval en 'n verdere 40 vrouens en kinders het ook gesterf nadat hul huise afgebrand is en hul geen skuiling gehad het teen die koue en elemente nie. Dit is baie tragies en 'n testament van hoe wreed en hard die mense was in daardie tye.

Dele vir die Highlander reeks is hier naby verfilm en sets is hier naby gebou tydens verfilming.

Vir al die Harry Potter fans (steeds in besonder jy Nolene Summerton):

"Filming for the third Harry Potter film, Harry Potter and the Prisoner of Azkaban, took place on location in Glencoe in May and June 2003. Regular visitors to Clachaig Inn and Glencoe will spot a familiar looking backdrop in the film, and in subsequent Harry Potter films.

During the spring of 2003, three sets were built near to the bottom of Clachaig Gully, and quite literally, just across the road from Clachaig Inn."



Botany Bo!








Met ons laaste dag in Edinburgh het ons die Saterdag begin deur na die Royal Botanic Gardens te gaan. Dit is 'n magiese plek met die interessantste plante van reg oor die wereld. Daar was ook baie plante van Suid-Afrika af.

Daar was ook 'n Ikebana ('n Japanese kunsvorm van blommerangskikking) uitstalling wat baie treffend is in hulle eenvoud.

King of the Hill



Ons het ons laaste reserwe energie gebruik om Calton Hill te klim wat 'n lekker uitkykpunt is oor Edinburgh.

Die Nasionale monument is opgerig om diegene se lewens te herdenk wat in die Napoleonic Wars gesterf het. Dit is gemodelleer op die Parthenon in Atene en is beroemd daarvoor dat dit OF half-voltooi lyk OF half-voltooid is. 'n Plaaslike mite is dat die monument veronderstel was om 'n volledige replika te wees van die Parthenon, maar dat die projek half-pad deur konstruksie uit geld gehardloop het en dat net een deel van die struktuur dus voltooi is. Glasgow het glo aangebied om Edinburgh finansieel hulp te verleen om die projek te voltooi, maar Edinburgh was glo te trots om die hulp te aanvaar. Gevolglik het die monument die bynaam Edinburgh's Disgrace of Edinburgh's Folly gekry.

"Stories are my refuge"




Ons het vinnig 'n draai gemaak by The Writer's Museum wat materiaal vertoon van bekende Skotse skrywers soos Robert Burns, Sir Walter Scott en Robert Louis Stevenson. Daar is buite die museum etlike stene met aanhalings van bekende Skotse skrywers wat 'n nice touch verleen.

As jong seun was Stevenson baie sieklik en aangesien hy baie bedgebonde was, was sy verbeelding sy enigste toevlug. In die museum is die volgende aanhaling waarin hy hierdie liefde vir stories opsom: "When I suffer in mind, stories are my refuge; I take them like opium; and I consider one who writes them as a sort of doctor of the mind".

Mini-me!


Ons het nie by die Camera Obscura and World of Illusions ingegaan nie, maar daar was wel 'n spieel buite wat ons 'n idee gegee het hoe ons sou lyk as dwergies. Klink na pret, sal maar volgende keer daar omgaan.

Alle goeie dinge kom tot 'n einde :-)



Na 'n absoluut wonderlike vakansie, was dit tyd om huis toe te gaan. Johan het ingesettle met 'n lekker boek en ek het myself reggemaak vir 'n lekker treindut.

Ons het die oggend 11:00 begin reis en eers die aand 18:00 by ons huisie in Londen gekom. En so kom ons Skotse avontuur tot 'n einde. Die hoofstuk is afgehandel vir nou, maar sal hopelik revisit word in die toekoms.

Sunday, May 24, 2009

Rainbow of Dreams :-)


Goed, kom ek vat julle deur 'n vinnige toer van ons nuwe woonstel. Hier is ons hallway en van die vertrekke wat daarvan af lei is: die kombuis na regs, die sitkamer reg voor wat julle kan sien, die 2de slaapkamer na links. Nog verder links is ons eerste badkamer en ons en-suite slaapkamer met ons 2de badkamer.

Ons woonstel is oud met funny groen matte, maar ons bly sover baie lekker hier. 'n Huis is tog wat mens daarvan maak. Ons sal altyd sentimenteel voel oor ons ou woonstel, aangesien soveel geliefdes daar die eerste keer vir ons kom kuier het, maar hierdie woonstel bied ons soveel meer spasie. Ons sal wel mettertyd nuwe herinneringe opbou in ons nuwe woonstel. Sien uit daarna!

Ons sitkamer



Ons leef basies in ons sitkamer. Ons kyk lekker hier televisie, Johan werk op sy rekenaar as hy lus het en ons het ook 'n groot eetkamertafel waar ons nou sit en eet.

Ons wil graag die huis nog meer "homely" maak deur scatter cushions, throws en allerhande soft furnishings te kry, aangesien die meubels met die woonstel kom en nie juis ons eie smaak is nie. Ons was gister by Portabello en Camden Market om table runners te kry vir die eetkamer- en koffietafel. Daar is nog baie om te doen, maar ons vat maar een dag op 'n slag.

Ons kombuis




'n Paar shots van ons nuwe kombuis. Daar is nou soveel meer spasie dat ek en Johan actually verby mekaar kan loop sonder om te bots. Ons het selfs die proppe vervang wat gelek het in die wasbak, en vir mense wat nie enigsins opgeclue is met DYI nie, dink ek dis nogals 'n feat :-). Wys net, mens is tot meer in staat as wat mens dink.

Ons slaapkamer






Hier is 'n paar foto's van ons slaapkamer.

Ons slaapkamer is lekker groot en ons weet nie eintlik wat om met al die ekstra spasie te doen nie. Hier is ook 'n paar foto's van die uitsig vanuit ons kamervenster. O ja, en Lucky op sy satynkussing natuurlik wat weereens lekker le en slaap. Darem maar 'n lekker lewe jong...

Tweede slaapkamer



Hierdie is ons 2de slaapkamer wat as my werk studio dien. Hier kan ek lekker skryf aan my kinderstories en werk aan my illustrasies.

Ons het ook 'n 2de dubbelbed, so julle is meer as welkom om te kom kuier!

Twee badkamers



Wow, wat a luxury om 'n "his" and "hers" badkamer te kan he. Ons het nou 2 badkamers - een met 'n propper stort en een met 'n bad.

Balkon




Ons bly op die eerste vloer en ons het 'n piepklein balkonnetjie waarop ons lekker kan sit. Dis veral baie welkom nou met die somer wat hier is. Ons het vanoggend ontbyt buite geeet. Was baie lekker!

Hier bo is ook 'n paar foto's van die uitsig vanaf ons balkonnetjie. Die bosse wat jul kan sien in die water is waar 'n mamme en pappa eend en hul drie kleintjies bly en dit is te cute om hulle waar te neem. Die kuikens skree soms en sit darem maar vir jou 'n keel op, maar ons vergewe hul dit alles want hulle is baie oulik :-).

Newer Posts Older Posts