European Adventures of Toinette and Johan

Saturday, August 30, 2008

Island-loitering


Hierdie foto mag nie juis lyk na veel nie, maar wat sentimenteel is van hierdie foto, is dat dit geneem is op die punt van een van die eilande in Parys.

In die hart van Parys, in die middel van die Seine rivier, le twee rivier eilande: Île de la Cité en die Île St-Louis.

Sulke dinge fassineer Johan verskriklik en hy wou graag tot op die punt van die een eiland stap. Hier staan Johan op die punt voor 'n pragtige boompie, sambreel in die hand, want dit het gereen toe ons daar was. Ons het vir so paar minute daar gesit. Dit is 'n baie romantiese spot en ons was omring deur 'n hele klomp paartjies wat dieselfde as ons in gedagte gehad het.

Op soek na Jim Morrison




Ons het so drie ure se sightseeing gehad die Maandoggend, voordat ons die middag moes terug Londen toe. Ons het solank uitgeboek by ons hotel en ons bagasie daar gelos, terwyl ons gou op die Metro gespring het om drie stoppe te maak.

Ons eerste stop was by Père Lachaise, een van die bekendste begraafplase in die wereld. Oscar Wilde (Ierse dramaturg, outeur en digter), Edith Piaf (die Franse sangeres van wie daar onlangs 'n film gemaak is getiteld La Vie en Rose) en Jim Morrison (die Amerikaanse digter, skrywer, regisseur en hoofsanger van die groep The Doors) is maar net 'n paar bekendes wat daar begrawe le.

Ons het soontoe gegaan met die hoop om ten miste Jim Morrison se graf te gaan besoek, maar die plek is so 'n intricate doolfhof, dat ons nie sy graf kon vind nie. Ek dink ons soektog sou suksesvol gewees het as ons meer tyd gehad het, maar ons tyd was daardie oggend ongelukkig beperk.

Ons is egter glad nie spyt dat ons daarheen gegaan het nie. Dit is enige fotograaf se droom en ek dink veral jy Carla sou dit in besonder geniet het om hier rond te loop en na hartelus foto's te neem. Die begraafplaas is pragtig - die dekadente prag van sommige van die luukse grafte is in kontras met die feit dat dooies daar begrawe le en dat dit verval in die wind en weer.

The Pompidou Centre


Ons 2de stop was by die Pompidou Centre wat die nasionale museum van moderne kuns is - ons het ongelukkig nie hierdie keer tyd gehad om in te gaan nie. Maar dit is op volgende keer se "to do" lysie.

'n Baie weird-looking en kleurvolle gebou. Dit het die wereld van argitektuur op sy kop gedraai met al sy exposed pype en industrial look, en was 'n revolusionere gebou toe dit in die laat 70s voltooi is.

Die area voor die museum is bekend vir die teenwoordigheid van straatkunstenaars soos mimes en jugglers. Tydens die Lente word miniatuur karnivale gehou met musiekgroepe, karikatuur- en sketskunstenaars, tafels om by te eet, en selfs skaatsplankkompetisies wat as trekpleisters dien.

La Grande Arche



Onthou julle ek het gese jul moet 'n mental note maak van die kubus gebou, met die gat in die middel, wat sigbaar was vanaf die uitkykpunt op die Arc de Triomphe? Wel, hier is hy up close and (im)personal. Op ons laaste stop, voordat ons die middag terug is met die Eurostar, het ons 'n draai gemaak by La Defense - Parys se besigheidsdistrik wat ook 14 skyscrapers huisves wat meer as 150 meter hoog is.

Die gebou in die foto is genoem Le Grande Arche, wat amper 'n perfekte cube is met die volgende dimensies: 108m in wydte, 110m in hoogte en 112m in diepte. Dit is 'n kolossale gebou en mens voel soos 'n dwerg as mens voor dit staan.

Die ander foto is geneem vanaf die top van die gebou af - ons het betaal om tot bo te gaan met 'n hysbak en dit laat mens se maag nogal draai om so hoog te gaan.

Ons is toe met die Metro weer terug na ons hotel om ons bagasie op te tel en is toe uiteindelik terug Londen toe. Ten spyte van die language barrier wat dinge somtyds moeilik gemaak het, en die reen wat ons soms deurdrenk het, was ons algehele gevoel: Viva la France!

En in September le Rome en Florence voor - ons kan nie wag vir ons volgende avontuur nie.

Sunday, January 13, 2008

Zurich, o Zurich, thou art beautiful
















Zurich was baie indrukwekkend - sal nie omgee om daar te bly vir 'n ruk nie. Hier is 'n paar van ons gunsteling foto's van Zurich.

Sjoe, maar dis koud!



Dit was so koud in Zurich, dat dele van hierdie fonteine se water gevries het, en wat meer is, gevries gebly het. Daardie thermal underwear wat julle vir ons gekoop het voor ons weg is oorsee het, needless to say, baie handig te pas gekom!

What a view!












Ons het die 26ste Desember in Zurich aangekom en aangesien dit 'n vakansiedag was, was die strate baie stil en meeste winkels was toe. Tydens ons verkenning van Zurich het ons op 'n speelparkie afgekom waar mens 'n wonderlike uitsig het oor Zurich. Hier is 'n paar foto's geneem by die speelparkie van ons, die duifies, en ou ooms wat skaak speel, asook van die view ondertoe.

Singing in the snow!






Ons was op pad na die funicular ('n tram-like voertuig wat op 'n spoor teen die koppie opbeweeg en mens aan 'n kabelkarretjie laat dink) om nog 'n goeie uitsig oor Zurich te kry. Baie mense gebruik die funicular om by hulle huise te kom wat bo-op die koppies gelee is. Op pad soontoe was ons egter bevoorreg genoeg dat dit begin sneeu het, eers liggies, en toe al hoe meer en al hoe vinniger. Needless to say was ons uitsig vanaf die koppie versper deur die sneeu, maar dit was wonderlik om bietjie in die sneeu rond te loop en van die huise op die koppie uit te kyk.

Switserse vervoer




Switserland se openbare vervoersisteem is met goeie rede die beste in die wereld. Die treine is altyd op tyd en dit is verskriklik skoon en netjies en ons het sonder enige probleme 'n baie ingewikkelde roete wat 3 verskillende change-overs ingesluit het (eers per groot trein, toe per bus, en toe per klein trein) vanaf Zurich na Gruyeres redelik effortless gemaak het.

Charismatiese Gruyeres













Toe ons aankom in Gruyeres was ons verras om te vind dat dit 'n klein dorpie is wat gelee is "at the foothills of the Alps" met net 170 inwoners, alhoewel dit jaarliks sowat een miljoen besoekers kry.

Alles is so vars en skoon en soos julle kan sien uit die foto's, asemrowend mooi. Dit het gevoel asof ons vasgevang is in daardie pragtige poskaarte wat mens altyd van Switserland sien.

Newer Posts Older Posts