European Adventures of Toinette and Johan

Saturday, November 11, 2006

Hamleys & homesickness


Hamleys: Hier is 'n foto van my Hamleys werknemerkaart. Ignoreer maar die "night staff" daarop - dink hul't uit kaarte gehardloop. Ek werk eintlik as 'n merchandising assistent - ons raise en receive orders in Denemarke. Soos ek reeds gesê het, is Hamleys soos Reggies in SA, maar net Europa. Siende dat ek vir hulle werk, kan ek 35% spaar op speelgoed aankope. Ek was onlangs in die winkel (wat bestaan uit 4 vloere) en het allerhande cute dinge gesien wat ek wil koop vir Marcus.

Homesickness: Ek en Johan kom al hoe meer agter hoe baie ons julle by die huis mis. Johan raak soms lekker cranky, en ek weer huil soms oor die kleinste dingetjie, soos as ek 'n cute woefie sien. Laas week was ek so frustreerd en hartseer dat ek sommer by 'n treinstasie aan die tjank gegaan het.

Moet my nie verkeerd verstaan nie: Ek is nie vir een sekonde spyt ons het hierheen gekom nie. Ons het nog nooit 'n beter besluit gemaak in ons lewens nie. Die ondervindinge wat mens hier opdoen bou soveel karakter, en veral met die ondervinding wat Johan hier opdoen t.o.v. sy werk, is dit wonderlik. Daar is soveel geleenthede hier. Ek en Johan het so baie geleer oor die lewe en oor onsself die afgelope ruk. Ons het besef nou dat ons ons eie gesinnetjie is en dat ons op ons eie voete kan staan en heeltemal onafhanklik kan wees. Ons het regtig "grootgeword". Ons wedervaringe die afgelope tyd het net vir onsself bevestig dat ons vertroue kan hê in onsself en in ons vermoe om besluite te neem en die gevolge daarvan te dra, asook om 'n plan uit te voer, en nie net 'n plan te bedink nie. Ons is oud en lelik genoeg om vir onsself te besluit. Ons het ook meer selfvertroue en die wêreld is nie meer so 'n scary en intimiderende plek nie. Londen verbreed regtig mens se verwysingsraamwerk en gee mens meer perspektief oor jou eie kultuur en wortels.

Maar steeds, kan woorde nie beskryf hoeveel ons julle mis nie. Dit is soos die vers in Breyten Breytenbach se gedig, waarin die spreker aan sy geliefde sê dat sy soos "vlerke is waarmee ek nie kan vlieg nie". Julle afwesigheid is vir ons soos 'n konstante teenwoordigheid, iets wat ons altyd saamdra en wat ons altyd van bewus is. Dit is soos 'n skepsel wat vorm aanneem en ons rondvolg soos 'n skaduwee, waar ons ook al mag gaan. Julle liefde gee ons vlerke om te vlieg, maar omdat ons so bewus is van die afwesigheid van julle in ons lewens, kan ons nie vlieg nie - ons sal maar weer vlieg en sweef as ons in mekaar se geselskap is. Julle liefde dra ons darem deur die donker dae.

Ons eerste DVDs


Hier is die eerste DVDs vir ons DVD collection. Ons het Fopp in Camden toe gegaan met die intensie om £20 pond te spandeer, maar dit het op die ou end op £50 geeindig. Hier is die grootste verskeidenheid films, veral internasionale films. Ek het byvoorbeeld Cinema Paradiso gekry, wat 'n Italiaanse classic is, vir 'n skamele £5. Die verskeidenheid en toeganklikheid tot soveel wonderlike dinge is oorweldigend hier. Dit is dinge wat mens nooit (of baie selde) in SA sou kry. Ons sal maar al ons DVDs moet terug pos SA toe!

Westminster Abbey


Hierdie is Westminster Abbey, waar talle koninklikes al gekroon is. Big Ben (die klok) is ook duidelik sigbaar. Hier volg 'n kort opsomming van die gebou se merkwaardige geskiedenis, geneem van die Net af:


"An architectural masterpiece of the 13th to 16th centuries, Westminster Abbey also presents a unique pageant of British history – the shrine of St Edward the Confessor, the tombs of kings and queens, and countless memorials to the famous and the great. It has been the setting for every Coronation since 1066 and for numerous other royal occasions. Today it is still a church dedicated to regular worship and to the celebration of great events in the life of the nation. Neither a cathedral nor a parish church, Westminster Abbey is a “Royal Peculiar” under the jurisdiction of a Dean and Chapter, subject only to the Sovereign.

Westminster Abbey, a work of architectural genius, a place of daily worship, deploying the resources of high musical expertise, a burial place of kings, statesmen, poets, scientists, warriors and musicians, is the result of a process of development across the centuries, which represents the response of a monastery and later a post-Reformation church to the stimulus and challenge of its environment."

Ons laptop


Vir al die techy junkies - dis nou Carla en Christov - hier is ons nuwe laptop! 'n Foto van die ding wat ek juis nou gebruik om hierdie foto's op te post...mmm...how postmodern!

Brrr, koue hier kom ons met Kersfees in Skotland




Ek en Johan het vir ons solank mussies gekry vir die koue. En ek het ear muffs gekry - voel skoon soos Princess Laya van Star Wars. En vir diegene wat al The Catcher in the Rye gelees het, ek dink Johan lyk soos die karakter Holden Caulfield in die boek. Of soos die vlieeniers in die ou tyd met die leermussies en die goggles. Die plek waar ons die mussies gekoop het is 'n amazing plek - Dicathlon. Mens kan allerhande kampeertoerusting en -klere daar koop, en selfs snowboards, hiking gear, rollerblades, ski's ens. 'n Amazing winkel vir die adventurous at heart.

Ons wil graag na die MacDonald Ardoe House gaan vir Kersfees. Dit is in Aberdeen in die noorde van Skotland. Hier is 'n uittreksel uit die Kersfees skedule by die hotel:

"24th December - Arrive to a welcome dram and shortbread, enjoy a Champagne and canape reception followed by dinner, enjoy listening to our pianist in front of a roaring fire, transport to the midnight service with mulled wine and mince pies on return.
25th December - Bucks Fizz Breakfast, traditional Christmas Day Lunch, Buffet dinner with entertainment from Mustang
26th December - Brunch, Tickets to see the pantomime at His Majesty's Theatre, Familty Ceilidh and Dinner
27th December - Hearty Scottish Breakfast"

en hier is ' n link na die site: http://www.ardoehouse.com/

London sunset


En hulle sê net 'n Suid-Afrikaanse sunset is asemrowend! Weet nie of dit al die pollution is wat bygedra het tot hierdie asemrowende sunset nie, maar dit is regtig besonders. Daar is nou talle projekte in London om die omgewing te help beskerm en ons sal een van die dae moet begin recycle, want die regering gaan begin boetes uitdien aan diegene wat nie recycle nie. 'n Valiant effort...

The London Eye










Hier is 'n paar views vanuit die London Eye uit. Dit is soos 'n groot wiel met pods waarin sowat 14 mense op 'n slag kan gaan om London van bo uit die lug te beskou. Ons wil ook nog een keer in die aand daarop ry, want hulle sê dit is 'n asemrowende sight in die aand met die liggies en al. 'n Mens kan nie glo hoe groot en cosmopolitan London is nie - die view bestaan uit honderde skyscrapers so ver as die oog kan sien. Definitief iets om te beleef...

Ferry



Ons het laas Sondag die ferry geneem Waterloo toe, daar gaan eet by The Giraffe restaurant (baie funky plek) en toe op die London Eye gaan ry.

Ons huismaats


Hierdie is Carla en haar boyfriend, Juan. Carla gaan een van die dae huis toe en Carien gaan haar plek neem in die huis. Carla is 'n skoonheidsterapeut, en Juan is 'n carpenter.

Beanca en Warren


Hierdie is Beanca en Warren. Hulle is 'n paartjie en is sterk op pad om te trou. Beanca se broer, Chris, is op die volgende foto. Warren is 'n purchase ledger clerk op die oomblik, maar wil graag pastoor word. Beanca het geswot vir 'n chef, maar het besluit die lang ure is nie vir haar nie. Op die oomblik doen sy caring vir bejaarde mense, maar haar kop staan steeds hotelbedryf se kant toe. Sy en Chris wil graag eendag hul eie coffee shop hê.

Chris en Carien


Hierdie is Chris en Carien. Hulle is goeie vriende. Chris en Beanca, wat op die vorige foto is, is broer en suster. Chris is 'n purchase ledger clerk en Carien is 'n rekenmeester. Omtrent almal in die huis kom van die Kaap af.

Tershia en Isak


Hierdie is my vriendin, Tershia, en haar vriend, Isak. Sy is die een wat ook saam ons in die skool was en saam met my gebly het in die studentehuis. Sy is al van die begin van die jaar af in Londen en sy het ons regtig baie gehelp met raad en inligting vir ons oorsese trippie - ons is haar ewig dankbaar.

PS: Isak se pa is 'n bekende ginekoloog en hy en Isak se ma en broer is deur Mandela genooi om by hom te gaan koffie drink. Regtig, ons het die foto's to prove it!

Newer Posts Older Posts