European Adventures of Toinette and Johan

Monday, May 21, 2007

Perfect ending!



The perfect ending to a perfect day. Terug in Londen het ek en Johan die dag afgesluit in 'n lekker Spaanse restaurant. Cheers!

Stonehenge







Wat Stonehenge so mind-boggling en mysterious maak, is dat niemand verseker weet deur wie dit opgerig is, vir watter doeleindes dit opgerig is, presies wanneer dit opgerig is of hoe dit opgerig is nie. Daar is baie spekulasie rondom dit en ook hewige debatte wat tot vandag toe gevoer word daaroor. En daar is baie literatuur daaroor geskryf wat verskillende teoriee voorstel. Daar is wel bewyse wat die teorie staaf dat dit opgerig is om die son en maan te aanbid. Dit mag dalk vir sommige mense net 'n murasie klippe wees, maar daar is inderdaad 'n sekere mistieke atmosfeer daar. En die natuurskoon wat dit omring is absoluut pragtig en dra by tot die magiese gevoel.

Die Blousteen, wat die binnesirkel van Stonehenge uitmaak, is oor 240 myl ver getransporteer. Die teorie dat die Blousteen heel moontlik deur natural forces soos glaciers soontoe vervoer is, is dalk die geloofwaardigste een. Blousteen verwys na dolerites, rhyolites, volkaniese as en sandsteen. Dit is ook interessant om te weet dat alle rotsmurasies soos Stonehenge deesdae (verkeerdelik) as "henges" bekend staan. Mense is later jare van die rotse af gehang om tereggestel te word en die "hanging gallows" hou dus verband met die mense wat vorentoe en agtertoe geswaai het soos "hinges" - en vandaar die naam wat tot vandag toe nog stick. Hel, die mense was darem maar verskriklik wreed gewees.

Counting Crows



Kyk net die kraaie wat so op die grensdraad sit. Laat my dink aan "counting crows" -
"one for sorrow, two for joy, three for girls, and four for boys, five for silver, six for gold, seven for a secret never to be told"...

Salisbury Cathedral








Ons het ook 'n draai gemaak by Salisbury Cathedral - een van Brittanje se mooiste middeleeuse katedrale. Ek en Johan het hier 'n cream tea (skon met room en konfyt en tee) geniet in die conservatory ('n sonkamer waar die dak net uit glas bestaan) - nes tipiese Pommies!

William Golding


Naby Salisbury Cathedral was 'n skool waar William Golding (skrywer van Lord of the Flies) 'n skoolmeester was. Baie cool!

So quaint!




Queen Charlotte Street is opgeneem in die Guiness Book of Records as die kortste straat in Brittanje (ongeveer 16 meter).

Regs daarvan gelee is Market Cross House, nou bekend as die "Crooked House Tea Rooms". Dit was oorspronklik 'n private huis wat in ongeveer 1687 gebou is. Dit leun sterk eenkant toe as gevolg van die gebruik van hout wat buite seisoen was en dus gelei het tot hierdie strukturele veranderinge.

Langs Market Cross House is die Windsor Guildhall (stadsaal) wat deur Sir Christopher Wren voltooi is in 1690. Hierdie foto wys ongelukkig net die dak van die stadsaal. Dit is hier waar Charles en Camilla getroud is. Hulle is nie toegelaat om hul huwelik offisieel in 'n kerk te voltrek nie, aangesien Camilla 'n geskeide vrou is. As mens die arch van die Guildhall van naderby bekyk kan mens sien dat die sentrale kolomme nie die dak raak nie en die storie loop dat die staatsamptenare van daardie tyd aangedring het op die kolomme vir veiligheid (om die dak "bo" te hou). Maar Wren wat dit nie as nodig beskou het nie, het die kolomme 'n spasie oopgelaat om te verhoed dat dit die dak raak, en het so die laaste se gehad.

Mannetjie & ek



Ek en mannetjie pose voor Windsor Kasteel. Check dit uit Francois en Carin: ek't die jewellery set aan wat julle vir my gekoop het voor ons terug is Londen toe. Dis "o, so sentimenteel!"

St George's Chapel



St George's Chapel is binne Windsor gelee.

"St George's Chapel is one of the most beautiful ecclesiastical buildings in England. The building was started in 1475 by Edward IV and took fifty years to construct. It is the Chapel of the Most Noble Order of the Garter, Britain's highest order of chivalry founded by Edward III in 1348. Members are selected by The Sovereign and include foreign monarchs and previous Prime Ministers. Ten monarchs are buried in the Chapel, including Edward IV, Henry VIII with his favourite wife Jane Seymour, Charles I, George V and Queen Mary and George VI. Queen Elizabeth The Queen Mother is also buried here, along with her younger daughter Princess Margaret. Beyond St George's Chapel is the entrance to the Albert Memorial Chapel, converted by Queen Victoria as a memorial to her husband Prince Albert who died in 1861."

Warm olie!






Contrary to popular belief, was die moats rondom kastele meestal droog en nie met water gevul nie. Dit het wel dinge moeilik gemaak vir vyande om die kasteel binne te kom. Soos julle in hierdie foto's kan sien is die moat rondom die hoofkasteel deesdae 'n asemrowende tuin.

Die inhampies wat op die toppunt van torings gesien kan word, was daar vir die soldate om pyle deur te skiet en hopelik soveel vyande te verwond as moontlik. Ons gids het ons vertel dat soldate in Portugal selfs kokende warm olyfolie op die vyand afgegooi het om hulle te stuit (Portugal is mos bekend vir hulle olywe en olyfolie). Sheesh, die mense was darem maar wreed!

Pragtige paradoks


Wat 'n pragtige paradoks - die blommetjies wat deur die muur groei en die kanon aan die kant. Mens versus natuur. Mens is verantwoordelik vir soveel verwoesting, maar die natuur is resilient en hou aan skep en groei.

Wonderful Windsor!





Windsor kasteel is nie vir ons so mooi of nice soos Warrick kasteel nie, maar Johan het steeds reggekry om 'n paar beautiful foto's te neem!

Daar is 'n pophuis (Queen Mary's Dolls House) binne een van die kamers wat baie indrukwekkend is, aangesien alles daarbinne - die miniatuur ligte, hysbak, die krane - werk!

"
It was designed by Sir Edwin Lutyens in 1924. Nearly every item in it was specially commissioned on a scale of twelve to one. The mechanical and engineering equipment is made to work, including the water system, the electric lights and the two lifts. Can you imagine the fun the children could have had sending the baby up on the lift for its evening bath, drying it off with small hand towels, then putting it to bed? The front foyer here has working chandeliers and the grandfather clock chimes on the hour. The paintings throughout the house were commissioned from well-known artists. Marble tiled floors and walls create a real castle appeal. The hand carved ceiling is etched in gold leaf."

Wag



Atten-tion! On guard! Shame, ek kry die wagte by Windsor baie jammer. Ek dink nie dis 'n baie lekker werk om heeltyd so stil te moet staan nie. En baie kinders tart hulle juis uit omdat hulle nie mag beweeg nie. Nee dankie, ek skrop dan eerder vloere vir 'n lewe.

Toe ons aankom by Windsor was hulle besig met "the changing of the guard" (soos julle kan sien met al die swart en rooi mannetjies in die foto), maar ons het nie genoeg tyd gehad daarvoor nie en moes aanbeweeg. Sheesh, maar hulle maak darem maar 'n maaltyd daarvan, kompleet met brass band music en 'n hele procession.

Mohawk


Alert the fashion police - dit lyk asof ek 'n mohawk haarstyl het in hierdie foto! He-he-he

Windsor Kasteel





'n Paar foto's van die buitekant van Windsor kasteel. Dit is die grootste bewoonde kasteel in die wereld en dateer terug na die tyd van William the Conqueror (1028-1087), en is dus ook die oudste bewoonde kasteel tans. Tesame met Buckingham Palace in Londen en Holyrood Palace in Edinburgh, Skotland, is dit een van die hoofresidensies van Koningin Elizabeth II. Sy gebruik dit veral oor naweke vir staatsfunksies of private partytjies.

Ons het die oulikste gids gehad, 'n ouerige tannetjie, wie se historiese kennis absoluut bewonderingswaardig is. Sy is die vrou met die sambreel wie se rug na ons gedraai is in die foto. Herinner my als te veel aan Mary Poppins, nie waar nie?

Die swart beeld wat sigbaar is aan die linkerkant van een van die foto's is van Koningin Victoria - die monarg wat vir die langste tydperk geregeer het (63 jaar lank!). Sy's bekend as die "Widow of Windsor", omdat sy in 'n semi-permanente toestand van rou ingegaan het na haar man, Prins Albert, se dood en altyd swart gedra het daarna.



Newer Posts Older Posts