European Adventures of Toinette and Johan

Monday, June 18, 2007

See en sand, uhm, klippe?






Sheesh, Brittanje se strande is darem maar nie Suid-Afrika se strande nie. Daar is nie seesand nie, wel baie harde klippe. Maar dit het wel sy eie sjarme. Is nogals 'n snaakse ervaring om so op die pebbles te loop.

Maar die see bly darem maar pragtig en majestueus en dit maak die mooiste geluid as dit terugtrek en teen die klippe slaan. Ons was ook blessed met 2 wonderlike sonskyndae. Ag, ons wou nie terugkom nie!

Brighton, brilliant Brighton!








Net 'n paar foto's wat ons geneem het in Brighton. Daar is selfs 'n "naturist beach" waar mens lekker kaalgat op die strand kan sit. Daar is 'n mensgemaakte duin om dit te skerm van die publieke oog, aangesien mens dit sou kon sien van die pad af - kan my net verbeel! Needless to say het ek en Johan nie 'n draai gaan maak nie, maar ons was wel lekker nuuskierig!

Heel verontwaardig!







Ek en Johan het ewe braaf na die Marina toe gestap en gaan stap op die pier waar die vissermanne visvang. Daar het egter 'n groot brander gekom en ons papnat gemaak toe dit breek teen die fondamente. En ek en mannetjie was darem maar heel verontwaardig en stomgeslaan. Maar dit was eintlik 'n groot grap!

Ons het toe teruggery op die treintjie langs die kus af, en julle sal kan sien hoe lekker nat my hare is!

Brighton Pier





'n Paar foto's van Brighton Pier vanaf die strand, asook vanaf die Pier self. Ek en Johan was heel geskok om 'n Suid-Afrikaanse shop op die pier raak te loop wat biltong, droewors en Nick-Nacks verkoop. Daar moet seker heelwat Suid-Afrikaanse toeriste wees.

Seemeeue



Die seemeeue hier is lekker hans! Hulle skroom nie om tussen die strandplakkers rond te loop en te aas vir kos nie. Hulle is wel baie oulik!

Rides and thrills





Yup, die amusement park met al sy rides is dalk wel tacky, maar kyk, daar's niks wat see skree soos dit nie. Daar is allerhande rides op die Brighton Pier en dit het my verskriklik herinner aan toe ons klein was. Hoe lekker...

The Royal Pavilion




Hierdie is 'n verskriklike imposante gebou, wat se uiterlike argitektuur my herinner aan die Taj Mahal. Binne is hierdie gebou nog meer ornaat en, alhoewel verskriklik over-the-top en luuks, steeds baie indrukwekkend. King George IV was baie geinteresseerd in die Ooste (Chinese en/of Indiese ontwerpe, ens.) en die hele woning is opgemaak uit meubels en ornamente en muurpapier wat deur Engelse gemaak is uit tekeninge en skilderye wat vanuit China oorgebring is. Dit is dus 'n Westerse, Engelse interpretasie van die Oosterse, Chinese kultuur en dus 'n baie interessante gebou.

Ons kon ongelukkig nie foto's binne neem nie. Daar is egter 'n chandelier in die formele diningroom wat oor 30 voet lank is en 'n ton weeg en bestaan uit 'n draak wat die chandelier in sy voete vasklamp en lotusblare wat die ligte omvou. Hierdie is maar net een van die besienswaardighede en die vertrekke het letterlik my asem weggeslaan!

Lucky!


Mense, ontmoet vir Lucky. Ek het vir Lucky gewen by een van daardie tacky soft-toy masjiene. Ek verstaan nou hoekom mense aan dobbel verslaaf kan raak. Alhoewel ek en Johan glo dat meeste van die masjiene "gerig" is sodat mens nie sommer 'n stuffed toy kan vang nie, het die klamp wonder bo wonder vir Lucky aan die kop beetgekry en het ek Vrydagaand vir hom gewen.

Probleem is, as 'n haai eers bloed ruik... Die lus om toe weer 'n beertjie of iets te wen het my heeltyd oorweldig en 'n paar pond is daarmee die waters in. Maar ek het myself darem hier teen Sondag se kant uiteindelik reggeruk. Het ongelukkig niks weer gewen nie. Moral of the story is: Quit while your ahead, and be thankful and content with what you have!

Greenwich Meridian Lyn



Hier staan ek op die Greenwich Meridian Lyn wat die aardbol in die oostelike en westelike hemisfere verdeel - een voet in die oostelike halfrond en een voet in die westelike halfrond:

"The meridian line is an imaginary line which runs from the North Pole to the South Pole. By international convention it runs through the main telescope at the Royal Observatory in Greenwich, England. As the Earth's crust is moving slightly all the time, the exact position of the Meridian shifts
slightly too.

The meridian line or Zero Longitude represents the Prime Meridian of the World. Every place on Earth is measured in terms of its distance east or west from this line. The line itself divides the eastern and western hemispheres of the Earth - just as the Equator divides the northern and southern hemispheres."

Die Euro mullet


As jy onder die indruk is dat mullets net "fashionable" is in SA, dink weer! Hier is proof dat die Euro semi-duck tail mullet steeds populer is onder diegene wat in die 80s vasgesteek het!

Greenwich Park










Ek en Johan het 'n ruk terug Hyde Park en Greenwich Park toe gegaan, omdat die weer so wonderlik warm en sonnig was oor die naweek. Kyk, as die son uit is, is elke Brit ook uit - in die son, meestal in die park.

Alhoewel ons ongelukkig nie foto's daarvan het nie, het ek en Johan 'n piekniek gaan hou in Hyde Park. Dit is sover my gunsteling park en is ook een van die grootste parke in die wereld. Die atmosfeer daar is amazing - mense wat op die rivier rond vaar in bootjies, mense wat piekniek hou, skateboard of rollerblade, hulle honde loop, of games speel. (Moet se, dis nogals funny hoeveel mense hier desperaat is vir son en in die park le en sonbrand!) Ek en Johan het ook vir ons 'n frisbee gekoop en 'n lekker workout gekry - moet se, ek kan voel aan my lende ek is nie meer vandag se kind nie!

Hier is 'n paar foto's van Greenwich Park en die pragtige uitsig oor die stad vanaf die koppie.

Newer Posts Older Posts