European Adventures of Toinette and Johan

Thursday, September 02, 2010

Dog friendly Cornwall - my kinda place!








Cornwall, St Ives is verskriklik dog-friendly. Daar is veral een plek by die baai waar baie honde-eienaars heen gaan. So baie mense vat hulle honde vir 'n lekker stappie langs die see of neem hulle saam om op 'n bankie die see te sit en geniet. Die honde in Engeland is goed gesosialiseer (so daar is nie doggy fights of veel lastige woefters nie) en die eienaars daar in St Ives is veral baie verantwoordelik om agter hulle honde skoon te maak en op te tel as hulle vuil maak.

Dis amazing! Woefters net waar jy kyk en dit vul my elke keer met 'n warm, fuzzy feeling!

Daar's 'n paar fodies van 'n paar woefters hier bo.

Die 2de laaste fodie is van 'n woef wat heerlik baljaar het in die see. Dis 'n skaaphond en sy eienaar het lekker agteroor gesit terwyl die woefter homself/haarself vermaak en moeg hardloop op en af waar die branders breek op die strand.

Baie winkels sit bakke uit indien die woefters wil water drink. Daar was een pub wat 'n bak water voor die deur gehad het, waarop gestaan het: "Dog's Choice". Baie skerp. Die laaste foto is van 2 bakke waarop vermakerig geskryf is: "Gulls Only" en "Dogs Only". Baie oulik!

0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts