European Adventures of Toinette and Johan

Sunday, July 24, 2011

Heading to St Ives - AGAIN!!!



Hier is ek en Johan op die 5-en-'n-halwe-uur treinrit op pad St Ives toe.

Laas jaar het ons verlief geraak op St Ives toe ons daar was. Hierdie jaar wou ons graag bietjie 'n nuwe plek verken. Ons wou graag na die Scilly Isles toe gaan - 'n groepie van 5 eilandjies wat net van die punt van Land's End in Cornwall geleë is.

Maar daar is so baie toeriste wat op vakansie gaan en wanneer hulle waai weer hulle vakansie vir die volgende jaar klaar bespreek, so dit is nogals moeilik om plek te kry daarso. Dit is nogals gesog, en daarom sal ons baie vroeër moet bespreek as ons 'n plekkie tydens die somermaande daar wil kry. Aangesien ons dus nie hierdie jaar plek kon kry in Scilly nie, het ons toe maar besluit om weer St Ives toe te gaan om bietjie die batterye te herlaai vir die res van die jaar. Scilly sal maar moet oorstaan tot 'n volgende keer...

Room with a view



Dit is die uitsig vanuit ons sitkamer-venster af. Die woonstel waar ons gebly het, het ongelukkig nie 'n balkonnetjie gehad nie. Maar die sitkamer het wel lekker groot vensters gehad wat heeltemal oop kon maak en wat uitkyk oor Porthminster Beach.

Veral as die son op kom of gaan sak gaan stap mense met hulle woefies op die strande. Dit was wonderlik om hulle in aksie te sien. Cornwall se mense is groot hondeliefhebbers en baie van die strande is dog-friendly op stiller tye van die dag. My type of place :-)

Voetpad slaan



Ons was lekker aktief gedurende ons vakansie. In die oggende het ons frizbee en badminton gespeel op Porthminster strand en verder het ons gekuier tussen die 5 strande in die area wat stap-afstand van mekaar is. Ons het die vakansie afgeskop met 'n lekker 10 kilometer hike strand-langs teen die kranse. Such fun!

Helloooo - anybody home?


Baie van die huisies op ons roete is so quaint dat mens sommer aan die deur wil klop en inval vir 'n Cornish cream tea. Gelukkig is ons nie so voorbarig nie :-)

Maar seriously, ons sal dit lief om 'n vakansiehuis te kry in St Ives. Hoop maar ons wen binnekort die lotto, he-he-he.

Turquoise waters, jade plants











Die foto's hier is so pragtig, dit praat vir ditself. Enough said :-).

Mooiste gholfbaan in die wêreld?





Hoe gelukkig is hierdie gholfspelere darem maar... Om gholf te kan speel met die see reg langs jou. Ek sal so distracted wees deur die scenery, dat ek nie die bal raak sal kan slaan nie. Te pragtig.

Pit stop - fuel for the long hike back



Na 'n lekker lang hike teen die kranse het ons eers 'n pint gedrink in Lelant by 'n quaint ou pub genaamd The Badger Inn. Toe is ons weer reg vir die lang pad terug.

Aankoms by Eden Project





Reeds met ons aankoms kon ons die energie en puls van die plante en mense rondom ons voel. Oral is daar inspirerende aanhalings wat mens begroet:

"To be truly radical is to make hope possible, rather than despair convincing."
~ Raymond Williams ~


"Tell me, what is it you plan to do with your one wild and precious life?"
~ Mary Oliver ~


"Alice laughed. 'There's no use trying,' she said. 'One can't believe impossible things.'

'I daresay you haven't had much practice,' said the Queen. 'When I was your age, I always did it for half-an-hour a day. Why, sometimes I've believed as many as six impossible things before breakfast."
~ From Alice in Wonderland by Lewis Carrol ~

"No man is an island, entire of itself."
~ John Donne ~


Eden Project = Regeneration & Hope


Die Eden Project is so 'n inspirerende plek - dit is soms maklik om oorweldig te word deur al die lelike dinge in die lewe, maar hier word mens herinner dat enigiets moontlik is en dat daar altyd hoop is. Selfs die water in die toilette wat mens daar gebruik is opgegaarde reënwater, so die hele idee van conservation is alomteenwoordig. Mens gaan weg van die Eden Project af met hernieude ywer en hoop vir die toekoms en 'n lus om 'n beter mens te wees en om meer te doen vir die aarde en haar behoud. Dit herinner my aan die Native American proverb:

"Treat the earth well: it was not given to you by your parents,
it was loaned to you by your children.
We do not inherit the Earth from our Ancestors,
we borrow it from our Children."

"Eden began as an act of regeneration, of land and people. We bought an exhausted, steep-sided clay pit 60 metres deep, the area of 35 football pitches, with no soil, 15 metres below the water table, and gave it life: soil made from 'waste' materials, water harvested from the rain, giant conservatories and buildings that drew inspiration from nature. We populated it with a huge diversity of plants and people from all walks of life and built within it structures and infrastructures. We opened our Visitor Centre in 2000 so the public could watch the construction and share the adventure. We opened the whole site on 17 March 2001."

Sensory overload!








Pragtig, pragtig, pragtig! As mens deur die lushof van plante loop is dit regtig verstommend om te dink dat daar 11 jaar gelede absoluut niks op die perseel was nie en dat dit net gebot het met die belofte van groei en hernuwing. En nou is daar om elke hoek en draai iets om te ontdek of te verken - die detail wat hulle oral ingesit het is regtig amazing! Daar is soveel liefde en tyd en moeite en energie wat in hierdie projek ingegaan het, en mens kan die liefde voel as mens daar rond loop.

The Eden Project








Die Eden Project bestaan uit 2 biomes wat die grootste greenhouses in die wêreld is - daar is 'n Rainforest biome en 'n Mediterranen biome. In die Mediterranean biome was daar ook talle plante van die Kaap af, aangesien die klimaat en plante baie Mediterreens is.

En die Eden Project het buite ook 'n stage wat soms ook as venue dien vir talle musiekkunstenaars wat daar optree deur die jaar.

Honest to goodness grub


Daar word allerhande brode en kosse vars gemaak op die perseel by die Eden Project met plaaslike kwaliteit-produkte en van die groente en vrugte wat gebruik word, word ook vars op die perseel gegroei.

Aangesien die hele gees rondom die Eden Project gaan oor a sense of community and being kind to the earth and to one another, is die prosedure waarop dit werk dat mens dit wat jy wil eet en drink uitkies, by 'n tafel gaan sit en jou spys en drank geniet en as jy klaar geëet het, by die til daarvoor gaan betaal deur op te roep wat jy geëet en drink het.

So dit is grootliks gebaseer op eerlikheid en integriteit, want as mens regtig wou, sou mens kon jok oor wat mens alles gehad het of plein uit loop sonder om te betaal. Ek hou van die sin van eerlikheid en vertroue wat dit onder mekaar aanmoedig. En ek en Johan het verskriklik lekker geëet.

Baobab = Tree of Life





Ek en Johan het elkeen 'n Baobab smoothie gedrink wat hulle daar verkoop het. Dit was baie lekker gewees en die smaak laat my baie dink aan grenadilla. Die Baobab is 'n verstommende plant:

"The Baobab is called the Tree of Life with good reason. It is capable of providing shelter, food and water for the animal and human inhabitants of the African savannah regions.

The cork-like bark is fire resistant and is used for cloth and rope. The leaves are used for condiments and medicines. The fruit, called "monkey bread", is rich in vitamin C and is eaten. The tree is capable of storing hundreds of litres of water, which is tapped in dry periods.

Mature trees are frequently hollow, providing living space for numerous animals and humans alike. Trees are even used as bars, barns and more. The Baobab also features as the Tree of Life in Disney's "Lion King", and is the centrepiece in Disney's Animal Kingdom."

.

Kuns & Kultuur ou dier!








Aangesien a sense of community 'n groot impetus is van die Eden Project, ondersteun hulle graag plaaslike kunstenaars en is daar talle kunswerke uitgestal tussen die plante.

Ons was veral mal oor Heather Jansch se skeppings uit driftwood - die foto's van die perd en die varkies.

Dan is daar ook ysterwerke deur Tim Shaw, wat baie eerie is, en mens terselftertyd ontsenu maar captivate met hoe dinamies dit is.




Newer Posts Older Posts