European Adventures of Toinette and Johan

Sunday, September 02, 2007

Hotel De Filosoof









Die hotel was wel vrek duur, maar regtig 'n aangename ervaring. Baie moeite is gesit in kleiner details - daar is allerhande skilderye, gedigte of aanhalings van bekende persone teen die mure of selfs op die gelamineerde plekmatjie waarop mens ontbyt eet. 'n Plek so reg na my hart.

Ons hotelkamer







Die hotel waar ons gebly het se naam is Hotel De Filosoof. Elke kamer in die hotel is gedecorate volgens 'n ander filosofie of ideologie of selfs volgens 'n sekere filosoof se teorie. Ons kamer se tema was Thales - die Griekse filosoof wat ook beskou word as die vader van moderne wetenskap.

Hy het die volgende geglo: "Thales stated that the origin of all matter is water. Although this sounds a bit odd, there may be some truth in it. As we know today, the largest constituent of the universe is hydrogen, which makes two of the three atoms in water (H2O). The missing oxygen atom was added later when our planet formed. Scientists believe that liquid water is prerequisite to life, and we know with certainty that the first life forms flourished in the oceans, so water is indeed a primordial substance."

Soos jul kan sien, reflekteer ons kamer die filosofie van water. Ons kamer het ook 'n buitengewone groot venster gehad en jul kan sien hoe mooi die uitsig is vanuit die kamer. Ek hunker sommer weer terug daarna...

Aankoms in Amsterdam





Hier het ons sopas geland in Amsterdam by Schipol lughawe en ons is verwelkom deur die sonnigste sonneblomme. Het ook 'n karaoke taxi gespot tussen al die ander taxis - Amsterdam het klaarblyklik iets wat ander plekke nie het nie! Verbeel jou - om na jou bestemming vervoer te word, terwyl jy jou hart uit sing aan jou gunsteling liedjies. Interessante konsep, maar tog bietjie weird!

Monday, June 18, 2007

See en sand, uhm, klippe?






Sheesh, Brittanje se strande is darem maar nie Suid-Afrika se strande nie. Daar is nie seesand nie, wel baie harde klippe. Maar dit het wel sy eie sjarme. Is nogals 'n snaakse ervaring om so op die pebbles te loop.

Maar die see bly darem maar pragtig en majestueus en dit maak die mooiste geluid as dit terugtrek en teen die klippe slaan. Ons was ook blessed met 2 wonderlike sonskyndae. Ag, ons wou nie terugkom nie!

Brighton, brilliant Brighton!








Net 'n paar foto's wat ons geneem het in Brighton. Daar is selfs 'n "naturist beach" waar mens lekker kaalgat op die strand kan sit. Daar is 'n mensgemaakte duin om dit te skerm van die publieke oog, aangesien mens dit sou kon sien van die pad af - kan my net verbeel! Needless to say het ek en Johan nie 'n draai gaan maak nie, maar ons was wel lekker nuuskierig!

Heel verontwaardig!







Ek en Johan het ewe braaf na die Marina toe gestap en gaan stap op die pier waar die vissermanne visvang. Daar het egter 'n groot brander gekom en ons papnat gemaak toe dit breek teen die fondamente. En ek en mannetjie was darem maar heel verontwaardig en stomgeslaan. Maar dit was eintlik 'n groot grap!

Ons het toe teruggery op die treintjie langs die kus af, en julle sal kan sien hoe lekker nat my hare is!

Brighton Pier





'n Paar foto's van Brighton Pier vanaf die strand, asook vanaf die Pier self. Ek en Johan was heel geskok om 'n Suid-Afrikaanse shop op die pier raak te loop wat biltong, droewors en Nick-Nacks verkoop. Daar moet seker heelwat Suid-Afrikaanse toeriste wees.

Seemeeue



Die seemeeue hier is lekker hans! Hulle skroom nie om tussen die strandplakkers rond te loop en te aas vir kos nie. Hulle is wel baie oulik!

Rides and thrills





Yup, die amusement park met al sy rides is dalk wel tacky, maar kyk, daar's niks wat see skree soos dit nie. Daar is allerhande rides op die Brighton Pier en dit het my verskriklik herinner aan toe ons klein was. Hoe lekker...

The Royal Pavilion




Hierdie is 'n verskriklike imposante gebou, wat se uiterlike argitektuur my herinner aan die Taj Mahal. Binne is hierdie gebou nog meer ornaat en, alhoewel verskriklik over-the-top en luuks, steeds baie indrukwekkend. King George IV was baie geinteresseerd in die Ooste (Chinese en/of Indiese ontwerpe, ens.) en die hele woning is opgemaak uit meubels en ornamente en muurpapier wat deur Engelse gemaak is uit tekeninge en skilderye wat vanuit China oorgebring is. Dit is dus 'n Westerse, Engelse interpretasie van die Oosterse, Chinese kultuur en dus 'n baie interessante gebou.

Ons kon ongelukkig nie foto's binne neem nie. Daar is egter 'n chandelier in die formele diningroom wat oor 30 voet lank is en 'n ton weeg en bestaan uit 'n draak wat die chandelier in sy voete vasklamp en lotusblare wat die ligte omvou. Hierdie is maar net een van die besienswaardighede en die vertrekke het letterlik my asem weggeslaan!

Lucky!


Mense, ontmoet vir Lucky. Ek het vir Lucky gewen by een van daardie tacky soft-toy masjiene. Ek verstaan nou hoekom mense aan dobbel verslaaf kan raak. Alhoewel ek en Johan glo dat meeste van die masjiene "gerig" is sodat mens nie sommer 'n stuffed toy kan vang nie, het die klamp wonder bo wonder vir Lucky aan die kop beetgekry en het ek Vrydagaand vir hom gewen.

Probleem is, as 'n haai eers bloed ruik... Die lus om toe weer 'n beertjie of iets te wen het my heeltyd oorweldig en 'n paar pond is daarmee die waters in. Maar ek het myself darem hier teen Sondag se kant uiteindelik reggeruk. Het ongelukkig niks weer gewen nie. Moral of the story is: Quit while your ahead, and be thankful and content with what you have!

Greenwich Meridian Lyn



Hier staan ek op die Greenwich Meridian Lyn wat die aardbol in die oostelike en westelike hemisfere verdeel - een voet in die oostelike halfrond en een voet in die westelike halfrond:

"The meridian line is an imaginary line which runs from the North Pole to the South Pole. By international convention it runs through the main telescope at the Royal Observatory in Greenwich, England. As the Earth's crust is moving slightly all the time, the exact position of the Meridian shifts
slightly too.

The meridian line or Zero Longitude represents the Prime Meridian of the World. Every place on Earth is measured in terms of its distance east or west from this line. The line itself divides the eastern and western hemispheres of the Earth - just as the Equator divides the northern and southern hemispheres."

Die Euro mullet


As jy onder die indruk is dat mullets net "fashionable" is in SA, dink weer! Hier is proof dat die Euro semi-duck tail mullet steeds populer is onder diegene wat in die 80s vasgesteek het!

Newer Posts Older Posts