European Adventures of Toinette and Johan

Monday, July 13, 2009

Rokkies wil hy dra!






Hierdie is die uitkykpunt vanaf Kilt Rock, wat so genoem is omdat dit glo lyk soos die pleats van 'n kilt.

Daar is 'n waterval wat ook hier afloop en dis amazing hoe skerp en strak die bergrante af strek onder na die see. Wat 'n wonderlike plek om waarlik Een te voel met Alles.

Op berge en in dale







Hier is etlike foto's wat geneem is van die Quiraing bergpieke in die Isle of Skye. Dit slaan letterlik mens se asem weg en die gevoelens wat dit in mens wakker om omring te wees deur sulke majestueuse prag is onbeskryflik!

Rus in vrede




Ons het die dag afgeeindig deur te stop by 'n interessante begraafplaas genaamd Kilmuir Graveyard.

Die eerste foto is van die grafsteen van 'n man wat dood is toe 'n rollende klip op sy kop geval het. Die grafsteen is glo die einste klip wat op hom geval en sy dood veroorsaak het. Nogals makaber en ironies...

Die tweede foto is van die grafsteen van Charles MacArthur, die laaste "hereditary piper to the MacDonalds of Duntulm Castle". Die inskripsie op sy grafsteen is onvoltooid: Charles se seun het 'n mason gekry om die grafsteen se inskripsie te maak, maar is tragies self dood toe hy verdrink het. Die mason het toe gedink dat hy nie nodig het om die inskripsie klaar te maak nie, siende dat hy in elk geval nie vir sy arbeid betaal sou word nou dat die seun dood is nie. So dit is tot vandag toe nie voltooi nie. Skande...

Meer foto's en inligting kan gerus hier gesien word.

Hairy koo


Hier is 'n foto van 'n harige Highlands koei wat in Skotland bekend staan as 'n hairy koo. Is dit nie te cute nie?

Talle mense in ons toergroep wou bittergraag 'n foto he van 'n hairy koo, maar elke keer as daar een was, was daar nerens om te stop langs die pad nie. Uiteindelik, aan die einde van die 2de dag van ons toer, was ons gelukkig genoeg om op een af te kom by 'n plek waar Martin die bussie kon aftrek.

A garden fit for a king













Ons het 2 ure gekry om te spandeer by Armadale Castle Gardens wat 'n 20 000 hektaar estate is wat behoort het aan die Clan Donald en in 1971 deur die Clan Donald Lands Trust oorgekoop is en tans onderhou word. Hulle het ook 'n museum van die Isles daar opgerig.

Daar is net 'n murasie oor van die kasteel, maar dit is baie dekadent. En die tuine herinner meer aan 'n woud. Dit is besonder mooi en dit is so relaxing om daar rond te loop. Ek en Johan sal daarvan hou om eendag weer terug te kom en van een plek na die ander te reis en hiking trails te doen, want daar is talle gesaai langs die Isle of Skye.

PS: Pasop vir Kensnetta die Viking - die kenste Netta ooit om die Isle of Skye te besoek!

Fancy a ferry crossing?



Na ons besoek aan Armadale Castle and Gardens was dit tyd om met die ferry oor te gaan vanaf Armadale na Mallaig waar ons die stoomtrein sou kry. Dit gaan my verstand te bowe om te dink dat die bussie waarmee ons gery het die trippie saam met ons maak oor die water. Ons bussie is maar klein in vergelyking met die ander groot busse en voertuie wat ook die reis meemaak. Dis wonderlik hoe sterk die ferry is en hoeveel gewig dit kan dra.

Full steam ahead Hogwarts Express!




Ons het vanaf Mallaig na Fort William gereis met die Jacobite stoomtrein wat een van die most scenic treinritte is in die wereld. Die geluid van die enjins en die toet-toet van die trein is so 'n outentieke ouwereldse ondervinding.

Vir al die Harry Potter fans - dis nou jy Nolene Summerton - hierdie is die trein en brug wat hulle gebruik in die Harry Potter films. Ons kon ongelukkig nie 'n foto kry van die einste brug (viaduct) waaroor ons gery het nie, want almal het die vensters toegestaan om dit af te neem. Maar jy kan gerus hier gaan kyk hoe dit lyk!

Ons toergroep het van Fort William af teruggery waar ons weer in Edinburgh aangekom het omstreeks 20:00 die aand. Die Hooglande is 'n hoogtepunt wat ons altyd sal bybly.

Glencoe





Hierdie is geneem by Glen Coe wat 'n glen (valley) is in die Skotse Hooglande. Dit word beskou as een van die mooiste en indrukwekkendste plekke in Skotland. Die foto's doen die ontsaglike prag van die bens, glens en lochs nie justice nie - dit is onmoontlik om die vastness en die oorweldigende prag op kamera vas te vang. Mens moet dit self ervaar om die magic daarvan te capture.

Dit is bekend vir die Massacre of Glencoe waarin 38 MacDonals van die Clan MacDonald of Glencoe doodgemaak is aangesien hul nie vinnig genoeg die dokument onderteken het om trou te sweer aan die nuwe monargie van die tyd Mary II en William II nie. Hul is in die aand oorval en 'n verdere 40 vrouens en kinders het ook gesterf nadat hul huise afgebrand is en hul geen skuiling gehad het teen die koue en elemente nie. Dit is baie tragies en 'n testament van hoe wreed en hard die mense was in daardie tye.

Dele vir die Highlander reeks is hier naby verfilm en sets is hier naby gebou tydens verfilming.

Vir al die Harry Potter fans (steeds in besonder jy Nolene Summerton):

"Filming for the third Harry Potter film, Harry Potter and the Prisoner of Azkaban, took place on location in Glencoe in May and June 2003. Regular visitors to Clachaig Inn and Glencoe will spot a familiar looking backdrop in the film, and in subsequent Harry Potter films.

During the spring of 2003, three sets were built near to the bottom of Clachaig Gully, and quite literally, just across the road from Clachaig Inn."



Botany Bo!








Met ons laaste dag in Edinburgh het ons die Saterdag begin deur na die Royal Botanic Gardens te gaan. Dit is 'n magiese plek met die interessantste plante van reg oor die wereld. Daar was ook baie plante van Suid-Afrika af.

Daar was ook 'n Ikebana ('n Japanese kunsvorm van blommerangskikking) uitstalling wat baie treffend is in hulle eenvoud.

King of the Hill



Ons het ons laaste reserwe energie gebruik om Calton Hill te klim wat 'n lekker uitkykpunt is oor Edinburgh.

Die Nasionale monument is opgerig om diegene se lewens te herdenk wat in die Napoleonic Wars gesterf het. Dit is gemodelleer op die Parthenon in Atene en is beroemd daarvoor dat dit OF half-voltooi lyk OF half-voltooid is. 'n Plaaslike mite is dat die monument veronderstel was om 'n volledige replika te wees van die Parthenon, maar dat die projek half-pad deur konstruksie uit geld gehardloop het en dat net een deel van die struktuur dus voltooi is. Glasgow het glo aangebied om Edinburgh finansieel hulp te verleen om die projek te voltooi, maar Edinburgh was glo te trots om die hulp te aanvaar. Gevolglik het die monument die bynaam Edinburgh's Disgrace of Edinburgh's Folly gekry.

"Stories are my refuge"




Ons het vinnig 'n draai gemaak by The Writer's Museum wat materiaal vertoon van bekende Skotse skrywers soos Robert Burns, Sir Walter Scott en Robert Louis Stevenson. Daar is buite die museum etlike stene met aanhalings van bekende Skotse skrywers wat 'n nice touch verleen.

As jong seun was Stevenson baie sieklik en aangesien hy baie bedgebonde was, was sy verbeelding sy enigste toevlug. In die museum is die volgende aanhaling waarin hy hierdie liefde vir stories opsom: "When I suffer in mind, stories are my refuge; I take them like opium; and I consider one who writes them as a sort of doctor of the mind".

Mini-me!


Ons het nie by die Camera Obscura and World of Illusions ingegaan nie, maar daar was wel 'n spieel buite wat ons 'n idee gegee het hoe ons sou lyk as dwergies. Klink na pret, sal maar volgende keer daar omgaan.

Alle goeie dinge kom tot 'n einde :-)



Na 'n absoluut wonderlike vakansie, was dit tyd om huis toe te gaan. Johan het ingesettle met 'n lekker boek en ek het myself reggemaak vir 'n lekker treindut.

Ons het die oggend 11:00 begin reis en eers die aand 18:00 by ons huisie in Londen gekom. En so kom ons Skotse avontuur tot 'n einde. Die hoofstuk is afgehandel vir nou, maar sal hopelik revisit word in die toekoms.

Newer Posts Older Posts