European Adventures of Toinette and Johan

Sunday, September 28, 2008

Imperial - wraggies!






Die hotel waar ons gebly het in Rome was genaamd Imperial Rooms. En dit het vir jou wraggies imperial gevoel. Ek dink veral Ma Irma sou die meubels gesmaak het - hulle het daardie krakie-effek gehad wat Ma sou van hou. En die plafonne was lekker hoog; anders as ons woonstel in Londen waar Johan nie kan opstrek boontoe sonder om aan die plafon te raak nie.

Die kolosseum is regoor ons hotel gelee en mens kan dit ook vanaf ons kamervenster sien. Regoor ons kamervenster is 'n murasie van die plek waar van die gladiators geoefen het om hulleself gereed te kry vir die battles wat hulle by die kolosseum geveg het.

Ag nee - nie al weer nie!!!






And history repeats itself - again! Presies dieselfde patroon as in Parys - op die dag van ons aankoms begin dit katte en honde reen en dit hou net nie op nie. Ek en Johan het maar probeer om braaf te wees en onsself te wapen teen die nattigheid met sambrele en reenjasse, maar dit was horribaal en ons was weereens deurdrenk.

Ons was lekker keelvol teen die aand en het maar skuiling gaan soek in 'n lekker Italiaanse restaurant. Die kombuis vir main meals het eers 19:00 oopgemaak, maar ons was so desperaat dat ons maar 2 ure lank aan 'n lekker starter van allerhande kouevleise, salamis en kase geeet het tot die kombuis oopgemaak het. Die res van die naweek was genadiglik droog.

Romantiese Rome!










Net 'n paar pics...

Vatican City




Toe ons in Rome was, het ons 'n draai gemaak by die Vatican ten einde die Sistine Chapel te besigtig. Vatican city is die kleinste, onafhanklike staat in die wereld ten opsigte van populasie en area; 'n reuse muur omring 44 hektaar waarin 'n populasie van 800 mense bly. Dit word oorheers deur die Pope.

Hier is 'n paar foto's van die geskilderede plafonne van die gange binne die Vatican. Ons het ook die Sistine Chapel te siene gekry - die welbekende kapel waar Michelangelo God creates Adam geskilder het. Ons kon ongelukkig nie foto's daarvan neem nie, aangesien dit verbode is.




Ek en Johan was aangenaam verras om 3 skilderye van Salvador Dali en 'n skildery van Francis Bacon te kon besigtig in die private art collection van die Vatican.

Spanish steps


The Scalinata or Spanish steps is "without a doubt the longest and widest staircase in all Europe" (wikipedia).

Ferrari shop


Hey Boet - ons het hierdie fodie spesiaal vir jou geneem. Die oorspronklike Ferrari shop in Rome, Italy - gedink jy sou dit waardeer.

Graffiti crazy


Dit is duidelik dat die Italianers baie lief is vir hulle graffiti. Soveel so dat selfs hul ondergrondse treine so met graffiti bedek is, dat ek gesukkel het om die handvatsel van die deur raak te sien!

Rome se ondergrondse treinlyne is baie ongekompliseerd - anders as Londen en Parys wat se stelsels uit verskeie lyne bestaan, bestaan Rome s'n net uit 2 lyne. No mess, no fuss.

Gladiators - are you ready?






Ons besoek na die Colosseum was baie interessant. 'n Mens kry 'n audio-guide wat lyk soos 'n groot ou selfoon en wat mens lei met allerhande interessante brokkies inligting soos mens deur die kolosseum beweeg.

Die kolosseum is gebou in 70-80 AD en baie gladiators het daar geveg in hulle leeftyd:

"Originally capable of seating around 50,000 spectators, the Colosseum was used in gladitorial contests and public spectacles. It remained in use for nearly 500 years with the last recorded games being held in the 6th century. As well as the gladiatorial games, other public spectacles were held there, such as mock sea battles, animal hunts, executions, re-enactments of famous battles, and dramas based on Classical mythology. The building ceased to be used for entertainment in the early medieval era. It was later reused for such purposes as housing, workshops, quarters for a religious order, a fortress, a quarry, and a Christian shrine."

Na beraming het sowat 500 000 mense en oor 'n miljoen wilde diere daar gesterf. Aangesien gevegte tussen gladiators tot die dood toe was, was die algemene life expectancy van gladiators sowat 30 jaar. Alhoewel dit maar die algemene life expectancy van meeste Romeine was. Sommige slawe kon veg vir hulle vryheid deur deel te naam aan die gladitorial games - as hulle nie doodgegaan het nie, dan kon hulle hul vryheid wen. Ander gevangenes wat tot die dood veroordeel is, is soms gedwing om deel te neem aan 'n geveg met wilde diere, en hul was baie maal ongewapen. Die mense was maar openlik wreed, siek en bloedlustig in daardie tyd - om te dink dat mens genot daaruit kon put om te sien hoe 'n ongewapende mens verskeur word deur een of ander wilde dier...

Murasies




Deels wat Rome so sentimenteel maak is die talle murasies wat daar rond le en die duisende jare se geskiedenis wat daarin opgesluit is. Rome staan bo-op 2500 jaar se geskiedenis, was eens die grootste stad in die wereld en was ook die spilpunt van Westerse beskawing.

Ons het bietjie tussen al die murasies gaan rondloop en dit is waarlik 'n magiese plek wat allerhande gevoelens in mens opwek.

Fit for a king and queen







Ek moet se, die gastehuis waar ek en Johan gebly het in Florence was uit die boonste rakke. Die foto's doen ongelukkig nie die kamer justice nie, maar dit was regtig super impressive.

Ons kamer was gelee binne 'n courtyard wat oop is bo en dus die niceste natuurlike sonlig ingelaat het. En daar was selfs 'n mural teen ons plafon waarna mens kon staar as mens nie lus was om te slaap nie. Die mini-bar was goed gestock met allerhande lekker biere en sappe en daar was selfs 'n paar selected rooiwyne wat mens (natuurlik teen betaling) in die privaatheid van jou eie kamer kon geniet. Nie net was daar allerhande verskillende tipes tee wat mens kon drink nie, maar daar was selfs pakkies heuning wat mens in jou tee kon gooi as jy wou - dit is die level van attention to detail wat ons in daardie gastehuis gehad het. Dit was hemels.

Basilica






Italie is oorwegend Rooms-Katoliek, soos hierdie verskriklik ornate katedraal in Florence (Basilica di Santa Maria del Fiore) getuig.

Dawidsbeeld




Die 5.17 meter marmerbeeld van Dawid wat deur Michelangelo gemaak is, is een van Florence se gewildste toeristeaantreklikhede. Aangesien ek en Johan se tyd in Florence beperk was, wou ons nie te veel tyd spandeer in 'n sekere gebou nie en het ons maar eerder die geboue van buite beskou. Ons het dus ongelukkig nie in die Gallery of Academia ingegaan om die oorspronklike Dawidsbeeld te gaan besigtig nie. Daar is wel verskeie replikas van die beeld wat buite op verskillende plekke in Florence staan, soos gesien kan word by hierdie plein in die foto.

By dieselfde plein is ook talle ander indrukwekkende beelde, waaronder 'n mitologiese beeld van 'n man wat 'n centaur stoei.

PS: Aan al die Ninja Turtle bewonderaars, jul het reg, die name vir die Ninja turtles is grootliks geinspireer deur bekende Italianers (Michelangelo, Leonardo da Vinci, Raphael, Donatello).

Newer Posts Older Posts