European Adventures of Toinette and Johan

Thursday, September 02, 2010

To see the world in a grain of sand...


Aangesien ek en Johan nog net by pebble beaches was in die UK (Brighton en Dover), was dit lekker om vir 'n slag op 'n sandy beach te kan loop. Die seesand daar is egter bietjie growwer, en mens sien al die spikkels (swart, wit, vaalbruin) van die rotse wat fyn geskaaf is daarin oor duisende jare. Dis pragtig en hierdie macro shot herinner my aan die eerste strofe uit William Blake se een gedig, Auguries of Innocence:

"To see the world in a grain of sand,
And heaven in a wild flower,
Hold infinity in the palm of your hands,
And eternity in an hour."


0 Comments:

Post a Comment

<< Home

Newer Posts Older Posts