European Adventures of Toinette and Johan

Thursday, September 02, 2010

Ready to Rock - St Ives watch out!



'n Paar silly fodies voor ons vertrek het trein stasie toe. Ek wys my GROOT sak en Johan gaan gebukkend onder die strain van die sak wat hy moes dra - was seker twee keer so swaar as myne. Ons was opgewonde en silly en happy. Ons het net so voor 22:00 geloop om die tube te vat Paddington Stasie toe.

Tjoeke-paff-paff - the birth of our berths





Ons trein cabin (of ons berth soos die Engelse dit noem) was te oulik, maar dis VERSRKIKLIK klein, so enigeen wat ly aan claustrophobia moet liefs twee keer dink... Alhoewel klein, het dit als wat jy nodig het: 'n bed vir die aand, bottels water, en 'n plek om jou bagasie te stoor. Dit bestaan uit bunk beds en Johan het die boonste bunk gedeps - dankie tog! :-)

Ons het 23:00 ingeboek by die train stewardess. Hulle wys mens na jou berth en lig jou in dat jy gratis koffie en water en sap kan gaan kry in die kafeteria deur die aand en neem dan ook dadelik jou bestelling vir breakfast (koffie of tee, 'n bacon roll of cereal, basic stuff, maar sufficient).

Daar is toilette op elke coach, so dis lekker gerieflik. Teen 23:45 het die trein vertrek en ons het die oggend 07:44 by St Erth aangekom waar ons moes oorklim na 'n kleiner trein St Ives toe. Dis so lekker, want as jy wakker word is jy by die see! Dis dan net so 15 minute St Ives toe en ons was lekker vroeg daarso.

Good morning to a rainy St Ives



Daar aangekom was dit bewolk en reenerig. Maar ons was baie gelukkig, want alhoewel dit die vorige 2 dae aanmekaar gereen het daarso, het die weer Vrydag begin opklaar. Teen elf-uur se kant was dit sonnig en vir die res van die lang naweek het ons geen reen gekry nie. Kyk, ek lief die reen, maar as mens net 4 dae by die see is, dan wil mens he die son moet skyn. Veral as die water so koud is :-)

Foto 1 is van die stasie by St Ives en foto 2 is van Koning Johan Badenhorst op sy kliptroon by St Ives [ Interteks - Lukas Maree se liedjie Victoriabaai :-) ]


A view to die for...our hotel





Die eerste twee foto's is van die buitekant van ons hotel. Die eerste een is geneem toe dit nog lekker bewolk was en die verskil is duidelik sigbaar in die 2de foto wat geneem is toe die son uitgekom het. Soos jul kan sien uit die foto's is die hotel op die rotse gebou.

Ons kamer was reg langs die swembad (foto drie) met die pragtigste uitsig van Porthminster Beach. Mens kan deur die dag op die sun deck le op die lounge chairs (foto vier) of mens kan op die deck gaan sit onder 'n sambreel en 'n lekker cocktail of glas bier bestel.

Ek moet se, ons hotel was amazing. Dit het alles wat mens nodig het en nog meer. Ons het ook 2 van die 3 aande daarso, sommer by die hotel se restaurant geeet. Die chef weet klaarblyklik wat hy doen. Die produkte was kraakvars en van die beste kwaliteit. Ons het een aand lekker vars Swordfish bestel en die ander aand Pan Fried Bream wat gegeur is met lemoen en jasmyn op 'n bed van aspersies en 'n semolina koekie - was amazing! Johan het ook 'n kaasbord bestel met 'n kaas wat ons nooit voorheen geproe het nie genaamd yarg - 'n kaas wat in Cornwall gemaak word en gegeur word met wilde knoffel. Oggendetes was ook amazing - 'n buffet met vars chocolate en butter croissants, vars vrugte, droe vrugte, sade en neute, cereals, sowel as jou keuse van 'n warm breakfast (English muffins met eiers en ham en 'n hollandaise sous of tamatie en bokkaas op toast of 'n full English breakfast of gerookte salm ens.)

Beaches galore there by the shore!



Wat St Ives so spesiaal maak, is dat daar iets soos 4 of 5 strande binne die bestek van so 2 kilometer langs die kus van mekaar af is.

Daar is Porthminster Beach waar ons hotel gelee is. 'n Kilometer of so na regs is Carbis Bay. Dan as mens na links afwandel, is daar 'n klein strand by die baai/hawe, 'n entjie verder af is daar Porthgwidden Beach en op die verste punt is Porthmeor Beach gelee. Ek dink die snaakse name is maar afkomstig van hoogere Old-English.

Mens het soveel om van te kies en te keur. Daar is soveel nooks and crannies en plekkies om af te gaan en op die rotse te loop of op 'n bankie te sit en die see te geniet, dat mens nooit verveeld sal raak nie. Mens kan elke dag na 'n ander strand toe gaan, of sommer al 5 strande in een dag plat stap as mens op is daarvoor.

Wat ons ook opgeval het was hoe skoon St Ives is. Daar was selde rommel in sig. Dis regtig 'n pragtige plek.

Kunsmuseum Tate St Ives


Kuns is GROOT in St Ives. Oral is kunsgallerytjies en skilderye uitgestal in winkelvensters. St Ives het ook 'n ryk kunsgeskiedenis, aangesien die natuurskoon en die intensiteit van die lig wat beter is daarso, as muse vir so baie kunstenaars gedien het oor die jare.

Aangesien dit bewolk was, het ons Vrydagoggend sommer by die Tate deurgebring waar allerhande moderne kunswerke vertoon word. Dis gelee by Porthmeor strand. Die ronde koepel regs bo in die foto is die dak van die gebou. Die samesmelting van die natuur (die see) en die mensgemaakte (kunswerke) is wonderbaarlik.

Daar was 'n Picasso, 'n Jackson Pollock, en Christov - daar was ook 'n Rothko!

Daar was 'n groot uitstalling van 'n Hollandse artist Lily van der Stokker wie in Amsterdam bly en wie se werke al in Parys en New York ook vertoon is. Haar dekoratiewe en kinderlike kunswerke ondermyn die idee dat kuns noodwendig swaar, ernstig en formeel moet wees. Ek het dit baie geniet: http://www.tate.org.uk/stives/exhibitions/vanderstokker/default.shtm

Nou ja, ons het lekker koffie gedrink en toe ons uitkom, toe skyn die son 'n hond uit 'n bos uit. We were blessed...

Barbara Hepworth Museum






Barbara Hepworth was 'n sculptor wat onder andere saam met die bekende Henry Moore by Leeds College of Art studeer het. Haar huis in St Ives was haar studio waarvan sy af gewerk het. Na haar tragiese dood in 'n vuur op 75-jarige ouderdom, is haar huis en tuin in 'n museum omskep wat oop is aan die publiek.

Die spel tussen die organiese (haar tuin) en mensgemaakte objekte (haar kunswerke) is regtig 'n treffende ervaring. Daar is ook 'n paar foto's van haar werkswinkel en Jet - kyk veral uit vir die fodie met die bamboo wat so majestueus hoog groei - glo jy sal dit waardeer!

Vir diegene wat meer oor haar kunswerk wil nalees, hier is 'n link:



Porthminster Beach





Hierdie is die strand waarop ons hotel uitgekyk het. Dit het die pragtigste, deursigtige water wat plek-plek turkoois is en plek-plek donkerder blou flits. Mens kan jou voete in die water sien as jy in die see staan.

Die water is YSIG koud. Tog is daar talle mense [meeste van hulle kiddies natuurlik] wat braaf genoeg is om die water aan te tree en te swem. Met die see wat daar so verskriklik terug trek, vorm daar 'n sandbank en ietwat van 'n lagoon tydens laagwater. Ek en Johan het die Sondag genoeg moed bymekaargeskraap en is die see daar in. Die water was so koud dat mens se bene pyn - Johan het selfs pins and needles gehad. Die water was so laag dat ons van ons strand af (Porthminster) na die strand by die baai/hawe kon stap net om die draai. Dit was sooooo pynvol lekker!!!

Beach by the bay






Hierdie stuk strand is gelee by die baai/hawe waar al die bootjies vasgemeer is. Ons kon nooit uitvind wat die strand se naam is nie. Dis wel baie klein, maar daar is so baie aan die gang daarso.

Soos julle kan sien uit die eerste twee foto's, dryf hierdie bote deur die aand en baie vroeg in die oggend nog op die water met hoogwater. Soos die dag verloop, trek die see telkens meer terug en terug, totdat al die bootjies wat steeds vasgemeer is, heeltemal op hul sy op die sand rus. Soos jul kan sien op die laaste drie foto's.


Porthgwidden Beach


'n Paar shots van Porthgwidden Beach. Wat ook veral nice is van die strande by St Ives is dat daar omtrent by almal terasse is, so diegene wat van die see hou, maar nie van die sand tussen hulle tone nie (eh-eh-ehm Carin :-) kan sommer op die gras sit en die see geniet.

Porthmeor Beach


Enkele foto's van Porthmeor Beach wat veral gewild is onder die surfers, aangesien dit lekker groot branders het vir hulle om te ry. Dis verstommend om te dink dat die water van een strand tot die volgende so verskriklik kan verskil. Net so kilometer of so na regs le Porthminster Beach, wat weer stil, klein branders het en glad nie onstuimig raak nie.

Dit was ook vir ons verstommend hoe baie die see terug trek deur die dag - seker 100 meter of so - om 'n GROOT oop strand te openbaar. Op die foto kan mens duidelik die skeidslyn sien tussen die sand wat droog en die sand wat nat is.

Side-shot van St Ives



Op pad Carbis Bay toe van ons hotel af, het ons hierdie side-shot geneem van St Ives wat uitstrek na links.

Ons hotel is die spierwit gebou links bo op die eerste foto met Porthminster Beach duidelik sigbaar. Op foto twee is die ligtoring by die baai/hawe weer duidelik sigbaar.

You and Me, Us by the Sea!




Ag net te lekker...happy en sorgvry met die terapeutiese suising van die see onder ons voete.

Hooray Hooray it's Carbis Bay!





Ons het Saterdagoggend lekker kus-langs afgestap na Carbis Bay se strand wat seker net so kilometer en regs van ons hotel gelee is.

Bo is 'n paar fodies van die strand. Daar was ook 'n rots opening gewees wat baie interessant gelyk het om te verken, maar ek was bietjie skrikkerig vir wat ek daar binne mag aantref en het dit liefs maar vermy. Enigeen wat Child in Darkness op laerskool gelees het, sal weet hoekom ek gehuiwer het... :-)

Wat 'n mooi gebaar - 'n bankie ter ere van geliefdes




Dit is so innoverend: Mens kan vir gestorwe geliefdes 'n bankie "koop" waarop 'n plaque aangebring word met 'n boodskap aan hulle ter nagedagtenis. Dis so 'n mooi gebaar en dis bittersoet om al langs die kus af te loop en hier en daar op bankies te rus wat uitkyk oor die see, en baie sentimentele waarde dra vir diegene wat dit laat aanbring het.

Hierdie eerste spesifieke bankie wat ons opgemerk het, het die volgende inskrywing op sy plaque gehad:

"In loving memory of our dear parents Frances (1919-2007) and Ernie Ashley (1923-1995) who loved and never tired of this view during 35 years of wonderful family holidays in St Ives."

Hulle moes ook onlangs daar op vakansie gewees het, want daar was 'n relatief vars bossie blomme aan die bankie vasgemaak, met die volgende boodskap:

"Always in our thoughts. We are here in St Ives again. Missing you both. Love. Children, Grand Children and Great Grand Children."

Dis so pynlik mooi...

To the Lighthouse!





Ek was half-opgewonde, half-skrikkerig vir my eerste boot trippie op die see, aangesien ek bang was dat of ek, of Johan dalk seesiek sal word. Dankie tog - ons was fine! Een ander dude wat saam met ons was op die boot, was egter nie so lucky nie. Shame...

Die skipper het ons geneem na Godrevy Lighthouse en Hell's Mouth. Sekerelik almal wat Engels op universiteit studeer het, het Virginia Woolf se To the Lighthouse gelees. Wel, volgens oorlewering is dit juis hierdie ligtoring wat haar inspireer het in die boek, alhoewel sy dit iewers anders plaas in die boek. Sal nice wees as dit waar is, so kom ons neem maar aan dit is ;-)

Hell's Mouth is 'n pragtige stuk rots (of te wel collapsed cave) met baie skeure en grotte en daar is al 'n paar rescue missions gewees om hikers te moet red wat in die grotte ingegaan het om dit te verken, maar nie rekening gehou het met die getuie en hoogwater nie:

"Godrevy Lighthouse was built after a public outcry, when the the iron screw steamer Nile, ran aground and was totally wrecked with the loss of all passengers and crew (60 in total) in 1854.

Further East along the North Cliffs lies Hell’s Mouth a vast circular chasm, probably a collapsed cave, with steep sided cliffs, perhaps 300ft high. This popular beauty spot and notorious suicide spot, is the breeding ground for several varieties of seabirds, that take advantage of it’s lofty and inaccessible nooks and crannies." [Web]

Remnants of Colonialism


Mense wat nie reeds al bewus is van hierdie feit nie, sal verbaas wees om te leer dat die UK se kus ook 'n Margate en Ramsgate en St Michael's (sien foto bo) het. Natuurlik is die UK s'n die oorspronklikes en Suid-Afrika s'n het sekerlik gevolg as gevolg van kolonialisasie.

Attack of the Seagulls - Take Cover!!!




Ons het orals bordjies gesien wat mens waarsku om jou kos nie oop en bloot te eet nie, aangesien die seagulls aggressief is en mens se kos sal steel. Ons het wel nie ten volle begryp dat hulle dit LETTERLIK bedoel nie!

Ek en Johan het vir ons roomyse gekoop en toe op die strand gaan sit om dit te eet. Ek het uitgekyk vir die seagulls rondom ons op die sand om te probeer seker maak hul kom nie nader nie. Ek het wel nie verwag dat een klein blikskottel so waar as wragtig uit die lug uit sal neer swoop op unsuspecting strandgangers en mens se kos sal gryp nie. Arme Johan - hy was so verontwaardig, soos die senuagtige smile op sy gesig in die fodie hierbo verklap... Daar was net ewe skielik 'n fladder en flap van wit vlerke en toe ons weer kyk, is Johan sy roomys kwyt.

Nou ja, nou verstaan ons hoekom mens sekere diere nie moet voer nie - die seagulls daar is gans te mak! Ons was stomgeslaan en geskok, maar ons het lekker gelag. Dit was BAIE FUNNY!

Newer Posts Older Posts