European Adventures of Toinette and Johan

Monday, July 02, 2012

The Lake District awaits!

Ek is duidelik baie opgewonde vir ons eerste trippie na die Lake District - 'n plek van sulke prag wat soveel digters, onder andere William Wordsworth; kunstenaars, onder andere JMW Turner; en skrywers, onder andere Beatrix Potter, geinspireer het.

Ons reis lê voor:  1,5 kilometer se stap stasie toe, 2 ondergrondse treine, 2 bo-grondse treine, 2 busse en 'n 500 meter stap of so van Hawkshead se village centre af.  Kan nie wag nie!

Half-pad -- Preston treinstasie

Hier is ons darem al half-pad by Preston treinstasie waar ons moes oor klim.

Do you think I'm sexy?

He-he-he.  Not a chance!  Niemand kan aanloklik lyk in hierdie outfit nie.  Maar nou ja, mens doen wat jy moet om droog te bly.  Johan het my "Ladybug" gedoop, aangesien ek my sak onder my rooi reënjas gedra het en dus soos 'n rooi ladybug gelyk het met my skilpad-ruggie.

Aangesien die laaste 3 maande die natste is op rekord met baie vloede reg oor die UK, het ons eintlik baie lig van dit afgekom.


Alhoewel dit baie gereën het in die Lake District terwyl ons daar was, was daar darem ook genoeg droeë tye om hikes te doen en onsself te geniet.  Wanneer dit wel erg gereën het, het ons gear bestaan uit:  Reëndigte sakke ONDER ons reënjasse vir ekstra beskerming, 'n hoed om die reën uit mens se oë en van jou bril af te hou, die kappie dan styf getrek bo-oor die hoed om jou kop droog te hou plus jou sambreel as dit regtig sous.

En dan het ons gelukkig die insig gehad om vooraf waterdigte hiking skoene te koop.  En ek, wat nie 'n fan is van skinny jeans nie, moes maar resort tot skinny jeans om te keer dat my broekspype nie papnat word nie.

Milkman please bring me a pint!

Hawkshead het sy eie melkman wat weeksoggende 'n roete doen en hier kan mens nog melkbottels uitsit soos ons ook altyd het toe ek klein was in Orkney.  Ek onthou nog die melkbottels en die lemoensapbottels en daardie groen plastiek tokens wat ons gehad het (as ek dit nou reg onthou :-).

Hawkshead...our sweet home away from home

Ons het besluit om in Hawkshead te bly - my baas se ma het dit aanbeveel.  En ek is so bly ons het gehoor gegee.  Ons was by baie nice dorpies in die Lake District, maar nie een van hulle was so quaint en oldy-worldy soos Hawkshead nie.  Hy is baie kleiner as baie van die ander dorpies en dus ook minder platgetrap deur toeriste.










Julle sal baie bunting sien in die foto's (dis nou die rooi en wit en blou linte wat oral gespan is teen geboue) aangesien dit hierdie jaar mos die Diamond Jubilee was (wat die 60-jarige heerskappy van die Koningin gevier het) sowel as die Olimpiese- en Paralimpiese Spele is ook mos hierdie jaar.  So die Britte is hierdie jaar besonder patrioties en die Union Jack is oral sigbaar.

Hawkshead Grammer School


William Wordsworth het hier skool gegaan toe hy 'n kind was vanaf 1779 tot 1787 voordat hy Cambridge toe is om te studeer.  Hawkshead Grammar School is wel al in 1585 gestig.

The Queen's Head

Hierdie is die pub waar ons baie van ons maaltye tydens ons vakansie geëet het, The Queen's Head.  Die chef daar maak verskriklike lekker kos!

Lydia's Loft

Die plekkie waar ons gebly het is 'n loft wat omskep is uit 'n ou barn.  Dit is 'n 17th century Grade II listed period property en dit verduidelik ook al die hout beams (Johan het 'n paar maal sy kop lelik teen hulle gestamp, maar die plekkie is so quaint and charming dat dit alles die moeite werd was).

Die plekkie is vernoem na die eienaars se dogter, Lydia.  Daar is ook 'n gedig wat by die voordeur opgeplak is en 'n Ode to Lydia is.  Nou ja, aangesien een van ons gunsteling tannies se naam Lydia is, het ons geweet hierdie plekkie sal sommer goeie karma hê :-)

Die wens vir hulle dogter is so pragtig en ek wens dit ook aan almal van julle toe:  "May all that is lovely and noble and true abide with you forever."










Views to die for darling!


Hier is die uitsig vanuit ons sitkamer en vanuit ons voordeur.

The sun room...for reading and day-dreaming



Die eienaars van die loft het die garden shed verander in wat hulle noem 'the sun room'.  Dit is gedoen in 'n shabby chic styl en daar is boeke en lekker skootkombersies, so mens kan daar sit en lees op 'n koue wintersdag of net lekker dagdroom in die vredevolle omgewing.

Netta sien amper haar ... broeksak!

Die bordjies by die loft waar ons gebly het waarsku nie verniet oor die slippery flag stones and steps nie.  En selfs by ons voordeur is daar 'n gedig wat opgeplak is en geskryf is in ou-Engels, Ode to Saftye (Ode to Safety):

"The exit's blind, the garden's steep,
and can be muddy on thy feet.
The slate is slippery when wet,
the floor is as creaky as thee'll get.
The doors are low, the steps are steep,
The treads and risers may not meet.
The beams can crack thee on thy head..."



Nou ja, een reënerige oggend het my voet gegly op die trappe wat af lei grond toe van ons loft  af en gelukkig vir my (dit kon baie erger gewees het!) kon ek daarin slaag om vas te hou aan die reëling, maar my voete was op die gras en my hande was in die middel van die stel trappe.  So ek was uitgestrek oor die trappe.  Alhoewel ek gelukkig nie seer op my boude geval het nie, het ek so hard baklei om vas te hou dat ek twee massiewe bloukolle op my arms gekry het van die vashou.  Dit is alles eintlik baie komies nou en ek het na die tyd lekker daaroor gelag.  Maar ten tye van die val, terwyl alles omtrent in slow motion hand-uit ruk, is dit nie so snaaks nie! :-)

Getting to know the locals...

Aangesien die Lake District baie skaapboerderye het, is skapies orals op die rolling hills van die countryside.  Op ons roete Hawkshead village toe en terug van die plekkie waar ons gebly het, was daar 'n heuwel waar ons elke dag verby hulle geloop het.





Ook op ons walks het ons reg langs van hulle verby geloop.  Daar is ook 'n foto van 'n skaap wat se wol half-los hang.  Ons neem maar aan dis die natuurlike proses waardeur hulle seker hulle wol verloor in die somer.  Maar ai, dit lyk baie irriterend en frustrerend om so 'n los bol wolpels te moet saamsleep.  Ek hoop maar die boer sal ingryp.

Die lammetjies was natuurlik SUPER CUTE!

Getting up-close and personal with the locals


Hierdie kietie-kat is baie slim.  Hy/sy lê lekker op die muurtjie in die middel van Hawkshead se dorpie en slurp die son en die aandag op van toeriste soos hulle verby loop.  Ek en Johan het oorkant by 'n pub gesit en 'n drankie geniet en gekyk hoe elke 2de toeris eers stop om vir kietie-kat 'n cuddle  gee.  Toe ons klaar is, MOES ek maar ook dieselfde doen.  Te oulik!

Meet another local...Custard the pony


Ons het vroeër al verby hierdie ponie geloop terwyl 'n kiddy  besig was om haar en ander hoenders te voer.  Maar lyk my hierdie local is welbekend onder toeriste.  Ons het later in ons visitor's book gelees iemand het geskryf haar naam is glo Custard en dat sy baie geliefd en welbekend is in Hawkshead.

It's a dog's life...

...and what a great one it is too!



Die Lake District is, soos baie ander plekke in die UK, baie dog-friendly.  'n Plek so na my hart.  Baie eetplekke en winkels laat ook honde toe.  Die pub waar ons meestal deur die week geëet het, het elke aand 'n woefter of twee daar gehad.  Gelukkig is die woefters well-behaved en lê onder die tafel en slaap terwyl hulle base (en ons) eet.

Ek is mal oor die foto van die bordjie wat tong-in-kies sê:  "Polite Dogs with well-behaved owners welcome!"

Daar is ook 'n foto van 'n hond met 'n reënjas aan.  Meeste van die woefies wat ons gesien het, het hulle eie reënjassies.  En hoe dan anders?  Op 'n plek waar dit so baie reën, is dit noodsaaklik :-)

O ja, en dan is daar 'n laaste foto wat ons geneem het van 'n advertensie wat opgeplak is in 'n winkelvenster.  Sheesh, ek kan regtig nie dink mense is mal genoeg om mountain climbing te gaan doen of te gaan ski met 'n arme verskrikte woefie aan hulle vasgemaak nie!  Maar kan jy nou meer, daar is regtig gear vir sulke mal ... er uhm ... avontuurlustige mense.  :-)

Weimaraner

Spesiaal vir jou Ziem - weet hoe baie jy hou van hulle.  Hierdie een is veral mooi.

Terrific transport




Spesiaal vir jou geneem Boet:  'n Triumph, 'n Subaru met 'n weird Halloween-like grill en 'n eco-friendly bussie vir toeriste.

Newer Posts Older Posts