European Adventures of Toinette and Johan

Sunday, September 28, 2008

Ponte Vecchio bridge


Florence is 'n baie quaint plekkie. Hier is 'n foto van die middeleeuse bruggie wat gebou is oor die Arno Rivier en vandag steeds verskeie klein winkeltjies huisves - allerhande juwelierswinkels, souvenir shops of kunshandelaars.

Daar word geglo dat die ekonomiese term "bankrotskap" se oorsprong hier gesetel is: wanneer 'n handelaar nie sy skuld kon betaal nie, is die tafel ("banco") waarop hy sy goedere uitgestal en verkoop het, fisies gebreek ("rotto"). Hierdie praktyk het dus bekend gestaan as "bancorotto". Aangesien die handelaar nie meer 'n tafel gehad het nie, kon hy dus niks verder verkoop nie en vandaar die term "bankrotskap".

Fabulous Firenze!







Engelse ken dit as Florence, maar in Italie staan dit bekend as Firenze. Hier is 'n paar pragtige pics van Firenze!

Sightseeing bus




Omtrent elke groot toeriste dorp of stad het 'n rooi sightseeing bus wat mens na al die grootste toeriste-aantreklikhede neem. Mens kry ook oorfone wat mens langs mens se sitplek inprop en dan na commentary oor die stad se geskiedenis luister. Dis 'n baie gerieflike en vinnige manier om van punt A na B te kom. En aangesien ons net 'n dag gehad het in Florence, het ons goed daarvan gebruik gemaak. Hier het ons 10 minute gestop bo-op een van Florence se koppies wat 'n lekker uitkykpunt is oor die stad.

Scooter City!



Scooters en fietse is nogals 'n baie gewilde means of transportation in Italie. En dis maklik om te sien hoekom - Italie se verkeer is nogals crazy en dit hou net nie op nie. Ons kon lank na middernag nog steeds die verkeer buite ons hotelkamer hoor in Rome. Die guide books wat ons gehad het, het mens aangeraai om nie self te bestuur in Italie nie, siende dat die mense nie die padreels nakom nie.

Om te maximise op spasie, ry baie mense ook lekker klein karretjies. Op die 2de foto, geneem in Florence, kan julle sien dat hierdie Noddy karretjie so klein is dat dit sommer vertikaal insqueeze tussen 2 ander karre wat horisontaal geparkeer is.

Leonardo da Vinci


Leonardo da Vinci was 'n Italianer wat seker een van die mees diverse en visionary denkers van die 1400s en begin 1500s was. Hy was 'n wetenskaplike, 'n wiskundige, ingenieur, argitek, plantkundige, musikant, skrywer, skildenaar, anatomist, sculptor, en inventor.

Da Vinci het verskeie planne opgetrek vir verskillende uitvindsels gedurende sy leeftyd. Ons was by 'n uitstalling waar hedendaagse mense van die planne wat hy opgetrek het, gevolg het en gebou het. Sekere van sy planne was heeltemal onprakties, maar ander het as inspirasie gedien vir dinge wat vandag in gebruik is, byvoorbeeld helikopters en hang gliders onder andere. Hy was 'n ware genius en die uitstalling was baie insiggewend.

Florence in die maanlig



Op die eerste foto is ek vol verwagting en sien ek heeltemal kans om die Florence sightseeing bus te takel in die aand. Ek en Johan het op die boonste verdieping van die topless bus gesit. Op die 2de foto kan ek en Johan nie anders as om lekker te lag nie, want ons was besig om ons asses af te vries; dit is duidelik dat dit besig is om winter te word in Europa en dis nie snaaks om 'n yskoue wind te he wat snerpend deur mens sny nie. Maar nou ja, ons het maar vasgebyt en we just enjoyed the ride - letterlik!

Leaning tower of Pisa



Ons het gefigure ons kan ons trip maximise deur die leaning kloktoring van die katedraal in Pisa ook te siene te kry, siende dat ons vanaf Pisa se lughawe af teruggevlieg het Londen toe. Ons het die Maandagoggend uitgeboek uit ons hotel in Florence en toe die trein gevat Pisa toe (sowat 80 kilometer van Florence af). Arme Johan het ons tas 1,5 km soontoe vanaf die treinstasie en 1,5 km terug gesleep, maar dit was als die moeite werd.

Uit die foto's kan julle sien net hoe skeef hierdie kloktoring is. Die toring is opgerig in 1173, maar het kort voor lank begin leun na die suidooste as gevolg van 'n swak fondasie. Vandag leun die kloktoring egter na die suidweste as gevolg van los substrata wat veroorsaak het dat dit van rigting verander het. Die kloktoring het onlangs strukturele versterking sowel as restorasie ondergaan en mens word selfs toegelaat om teen betaling op te gaan in die kloktoring en uit te kyk oor Pisa. Sheesh, daardie mense het darem maar guts!

Ons het 'n hele klomp Afrikaners gehoor toe ons in Pisa was. Dis goed om te weet dat soveel Afrikaners hulself die guns doen om die wereld heen vol te reis.

Ons is toe terug treinstasie toe, waar ons 'n trein gevang het lughawe toe en die middag teruggevlieg het Londen toe. Arrivederci Italy - you were a wonderful host! Nou sit en wag ons vir die volgende avontuur - die son, see en berge van Suid-Afrika. Mmmmmm...

Saturday, August 30, 2008

The beginning...


Bright-eyed and bushy-tailed. Dis 08:11 die Vrydagoggend van die 22ste en hier staan ek voor die Eurostar. Ons is gereed vir ons Parisian avontuur om te begin...

Ons hotel




Hierdie is 'n paar foto's van die hotel waarby ons gebly het. Lyk my French kitsch is nogals 'n deurlopende tema daar. Dit was darem nie te bad nie - ons het 'n lekker groot venster gehad wat na binne oopmaak en ons kon lekker in die kamer sit en uitkyk oor die straat terwyl ons 'n glasie rooiwyn geniet. Was hemels.

Pasop! Dit reen katte en honde...


Sheesh, ons het geboek in Parys voordat ons geweet het dat Augustus die maand is waarin dit die hardste en meeste reen daar. Wel, ek en Johan het vinnig uitgevind.

Toe ons daar aankom die Vrydag het dit reeds al vir ure gereen - alles was deurnat. Maar ons kon nie laat die reen ons stop nie en het toe in elk geval die strate ingevaar, gewapen met ons sambrele. Dit het egter nie veel gehelp nie, ons was kort-voor-lank soaked to the bone en koud. But we just powered through it. Ek het ten tye van ons aankoms nie my stapskoene aangehad nie en die skoene wat ek aangehad het, was nie gemaak om nattigheid te hanteer nie. My skoene was sopnat en my sokkies was so nat dat ek dit moes wring en uithang om droog te word.

Saterdag was gelukkig 'n reenlose dag en ons het die meeste daarvan gemaak. Sondag het dit darem eers weer van die middag af begin reen en Maandagoggend was gelukkig ook weer droog. Kyk, ek is lief vir reen, maar as jy sightseeing probeer doen en foto's probeer neem met 'n sambreel in jou hand en nattigheid en koue wat orals deurslaan, is dit bietjie van 'n mission. Ag wel, alles dra by tot die avontuur...

Pari mon amour!






...met ander woorde, Parys my beminde. Net 'n paar fodies wat dien as bewys dat Parys 'n baie mooi, romantiese en imposante plek is.

Al die beelde, monumente, fonteine en geboue is so indrukwekkend, yslik en oorweldigend - ek dink definitief die Franse se leuse is: "Gaan groot of gaan huis toe".

Ziem - hierdie een is vir jou!


Net te lekker - lyk my mens kan Parys se sights op een van hierdie kontrepsies verken as jy op een van hierdie toergroepe se toere gaan.

Al die Arrested Development fans soos ek, Johan en Ziem - Is dit nie dalk Gob Bluth op een van hulle nie? :-)

Die Metro



Parys se ondegrondse treinlyne word die Metro genoem, terwyl ons s'n hier in Londen as die Underground of Tube bekend staan. Hier is maar 2 foto's van die ingange van 2 verskillende ondergrondse treinstasies in Parys.

Daar is 300 stasies, 384 stoppe en 14 verskillende lyne, so as mens nie weet hoe dit werk nie, kan mens nogal deurmekaar raak. Gelukkig werk dit op dieselfde prinsiep as ons tube stasies in Londen, so ons het sommer vinnig reggekom.

Ons het wel orals heen gestap in Parys die eerste 2 dae, anders gaan so baie dinge by mens verby. Indien die strate van Parys enigsins oneweredig was, is dit seker nou flat soos 'n pancake, want mens, ons het vir jou Parys se strate platgestap!

PS Christov: Die buitekant van die eerste foto se metro stasie se lamppale het 'n tipe HR Giger appearance en gevoel aan hulle.

Free advertising - word of...writing


Hoe innoverend. Wie het advertensieborde en burokratiese red tape nodig om te adverteer? Hierdie persoon adverteer sommer 'n diens of produk op een van die bome naby die metrostasie se ingang. Clever, very clever!

"Lights, camera, action!"


Mens kan ongelukkig nie hierdie foto mooi uitmaak nie, maar dit is geneem op die plein voor die Louvre en die mense by die tafeltjies en stoeltjies was besig om 'n film te maak. Die ouens wat sit is die akteurs en die man wat staan is die kameraman, terwyl die vrou gelyk het soos die regisseur. Dit lyk maar na 'n klein-budget film, maar dit was cool om te dink dat mens in so 'n skeppende, kreatiewe en kunstige omgewing is.

Ek't self gepose asof Johan 'n foto van my neem, sodat hy eintlik verby my kon fokus en 'n foto van hulle neem sonder dat hulle weet. The world is definitely a stage...

Die Louvre





Die Louvre Museum is die museum wat wereldwyd deur die meeste toeriste besoek word elke jaar. Ongeveer 35 000 kunswerke is ten toonstelling oor 60 000 vierkante meter. Ses duisend skilderye word permanent tentoongestel, terwyl 5 900 gestoor word. Dit sal mens dae en selfs weke neem om by elke kunswerk uit te kom.

Die derde foto is die plein met die ingang na die Louvre. Die glas piramide-dak is sigbaar op eye-level en die fonteine sit mens sommer reeds in die regte state of mind and mood voordat mens ingaan.

My en Johan se journey het Saterdagoggend begin by die Louvre, waarna ons in 'n reguit lyn afgestap het in die famous Avenue des Champs-Élysées op pad na die Arc de Triomphe. Die Avenue des Champs-Élysées is die grootste laan in Parys wat ook as die eindpunt dien van die Tour de France.

Big open spaces







Sheesh, maar die ruimtes binne-in die Louvre is verskriklik ruim en indrukwekkend. Dit laat mens in verwondering...

In die eerste foto het Johan my afgeneem sonder my medewete. Hy's lekker stout, hy't 'n soen gesteel en ons afgeneem sonder dat ek eers geweet het. Hy't dit gedoen vir die snaaksgeid en gedink die foto gaan flop, maar ons was toe aangenaam verras deur die kunstige komposisie van die foto wat sommer so impulsief geneem is. So verras dat ek dit ook sommer op die blog gesit het!

Precious things



Hier is maar 2 van die talle kunswerke wat te siene is in die Louvre:

Natuurlik die Mona Lisa - die portret wat deur Leonardo Da Vinci geskilder is in die 16de eeu en seker een van die bekendste kunswerke is van alle tye. Die skildery is gelee agter glas en duidelik afgesper sodat mens nie te naby daaraan kan kom nie. Mens word selfs toegelaat om foto's daarvan te neem, wat vir my en Johan nogal heel strange was, siende dat mens glad nie toegelaat word om foto's te neem in die National Art Gallery in Londen nie. Ten minste is die skildery agter glas, want die flash van kameras kan skilderye potensieel beskadig. Persoonlik, weet ek nie wat die big fuss is oor die Mona Lisa nie. Dit is nie 'n werk wat my regtig emosioneel roer of intellektueel uitdaag nie. Ek dink dit is een van daardie dinge wat net so gewild is, omdat mense so groot bohaai daaroor maak. Maar nou ja...smaak en opinies verskil.

Die ander foto is van die welbekende Venus de Milo - 'n Griekse beeld wat tussen 130 en 100 BC geskep is: "Although the Venus de Milo is widely renowned for the mystery of her missing arms among people unfamiliar with any other incomplete Greek or Roman sculpture, enough evidence remains to prove that the right arm of the goddess was lowered across the torso with the right hand resting on the raised left knee so the sliding drapery wrapped around the hips and legs could be held in place" (wikipedia).

'n Ander werk wat ons gesien het, wat uiters indrukwekkend is, bloot as gevolg van die skaal daarvan, is 'n oil-painting getiteld Le Noces De Cana (The Wedding at Cana) deur Renaissance skilder Paolo Veronese. Dit is ongeveer 7 meter by 10 meter groot en dit depict een van Jesus se wonderwerke waar hy water in wyn verander het. Dit is oorweldigend groot en mens kan nie glo dat 'n mens iets op so groot skaal kon geskilder het nie.

Arc de Triomphe



Op ons weg na die welbekende Arc de Triomphe. Dit is 'n kolossale monument wat opgerig is deur Napoleon Bonaparte in ere van diegene wat geveg het vir Frankryk, veral tydens die Napoleaanse oorloe. Dit is so kolossaal dat mens totaal en al verdwerg voel deur dit: "The Arc de Triomphe is so colossal that three weeks after the Paris victory parade in 1919, marking the end of hostilities in World War I, Charles Godefroy flew his Nieuport biplane through it, with the event captured in a newsreel" (wikipedia).

View from the top





Hier staan ons bo-op die Arc de Triomphe wat sowat 50 meter hoog is en 284 trappe het om te klim om tot bo te kom. Dit bied 'n asemrowende uitsig oor Parys.

Op die vierde foto van my is die Eiffel Toring sigbaar in agtergrond - ons was dus al half-pad op ons journey en die Eiffel toring was ons volgende stop. Sheesh, what a long walk to glory.

As jul mooi kyk op die eerste foto, kan jul 'n gebou sien in die vorm van 'n kubus met 'n gat in die middel. Maak solank 'n mental note daarvan, want ek en Johan gaan later daardie gebou besoek. So ook, die wit koepel-gebou op die derde foto.

Eiffel Tower - "Rapunzel, Rapunzel, throw down your hair!"






Parys staan onder andere bekend as "the city of light" - "a name it owes both to its fame as a centre of education and ideas and its early adoption of street lighting" (wikipedia). Daarom dat ons dit ook graag in die aand wou sien en besluit het om eerder die Eiffel Toring in die aand te besoek.

Toeriste kan die Eiffel Toring besoek tot middernag. Ons het agt-uur se kant in die ry gaan staan en kon 'n uur later uiteindelik eers kaartjies koop, so gewild is dit. Maar ons timing was goed, want ons het begin opgaan tydens die son begin sak het. Ons was wel bietjie taken aback, want eers nadat ons 'n half-uur in die ry gestaan het, het ons gesien dat ons in die ry staan wat net trappe het tot op die 2de level en eers van daar af hysbakke het tot op die toppunt. Ons was reeds flou gestap en moes nou al daardie trappe ook trotseer. Maar ons het darem net-net deurgetrek.

Net om julle ook 'n idee te gee hoe ver ons die aand nog teruggestap het na ons hotel toe (het toe nog nie Metro kaartjies gekoop nie), kyk na die foto waar die son nie heeltemal gesak het nie. Sien julle die helder-skynende malle-meule? Wel, ons hotel is sowat 500 meter daarvan af gelee, so ons het darem vir jou ver gestap daardie dag.

Daar was ongelukkig soveel toeriste, dat alhoewel ons kaartjies gekoop het om tot die toppunt te gaan, ons nie eers opgegaan het tot heel bo nie. Dit was reeds so 22:30 toe ons in die ry gaan staan het om tot heel bo te gaan, maar daar was soveel mense in die ry voor ons, dat ons seker 'n uur of meer sou moes wag en toe besluit ons maar om huis toe te gaan. Ons sal volgende keer maar eerste ding die oggend wanneer die Eiffel Toring oopmaak en dan opgaan tot bo, want daar sal dan nog nie soveel toeriste wees nie.

Dit is darem maar 'n sight om al die liggies so te sien in die aand. En hierdie foto's doen dit nie justice nie, want dit kan nie regtig vasgevang word op die foto's nie. Plus, mens moet 'n spesiale kamera he om te verseker dat die liggies nie blur in evening-shots nie. Op 'n sekere deel van die aand, verlig hulle ook die Eiffel Toring met soveel mini strobe-lights wat soos duisende klein sterretjies lyk wat flikker. Baie sprokiesagtig.

Newer Posts Older Posts